Loader

Kerriehoender Frikkadelle

2018-02-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 15
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

15 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

  • Kerriemayo – Hoenderborsies

Die is trooskos, maklik en eenvoudig om voor te berei en bonus, min skottelgoed

1kg hoender maalvleis
2 knoffeltoontjies – gekneus , opgekap
klein soet groen rissie (green pepper) – fyn gekap
1 tl gedroogde rissie vlokkies
1 tl sterk kerriepoeier
mespunt fyn gemmer
1 sny dag oue witbrood – korsies afgesny – klein blokkies opgebreek
1 el heuning
1 tl sout

* 125 ml kookolie vir braai

Vir die sous:
1 ui fyn gekap
2 knoffeltoontjies- gekneus
2 tamaties – ontvel en gerasper
1 el kerriepoeier
1 tl borrie
2 el botter
1 el asyn
3 el appelkooskonfyt
sout na smaak
250 ml vars room

* hou eenkant 1 koppie koekmeel om balletjies in te rol

In ‘n lekker groot mengbak, meng die hoender maalvleis en al die ander bestanddele goed deur. trek kleefplastiek oor mengbak, plaas in yskas vir 30 min

Verhit die olie in ‘n medium grootte pan
Rol balletjies met maalvleis, rol in koekmeel
Plaas die balletjies versigtig in die warm olie en braai mooi bruin alle kante
Skep uit pan, hou eenkant
Nou vir die sous:
Gebruik dieselfde pan, verhit botter
Braai uie en knoffel tot deurskynend en geurig
Voeg kerriepoeier, borrie en asyn by, roer vinnig deur
Voeg gerasperde tamatie en appelkooskonfyt by
Sout na smaak en prut vir 5 minute

Plaas die balletjies terug in die sous
Giet room oor, plaas deksel op, bring tot kookpunt  en laat baie stadig prut sowat 10 minute

Bedien warm met rys, piesangskyfies en blatjang

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!