Kerrie Eiers met roosterbrood

2014-11-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

6–8 eiers
50 ml fyngekapte ui
10 ml kerriepoeier
50 ml botter
75 ml koekmeelblom
400 ml melk
125 ml room
30 ml vrugteblatjang
5 ml asyn of bietjie meer na smaak
2 ml sout
30 ml gekapte pietersielie

Om voor te sit
6–8 snye brood, gerooster botter

Kook die eiers 5 minute lank, spoel dit in koue water af en dop dit af.
Braai die ui en kerriepoeier stadig in die botter. Verwyder dit van die hitte en roer die meel en dan die melk by. Verhit dit tot kookpunt terwyl geroer word tot die mengsel glad en dik is.
Roer die room, blatjang, asyn, sout en pietersielie by en laat prut dit 5 minute. Voeg die eiers by en laat prut dit nog 2–3 minute tot deurwarm. Sit dit voor saam met gebotterde roosterbrood.

Resep Kategorie : Tags: , , , ,
Gemiddelde Gradeering

(3.8 / 5)

3.8 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!