Loader

Karringmelk Sjokoladekoek

2017-05-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 32
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

32 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

 

Hoe langer die koek staan, hoe lekkerder is dit. So maklik soos koek eet ! Kom ons bak !

.
Vir die koek:
**500 ml koekmeel
**150 ml kakao
**1½ tl koeksoda
**1½ tl bakpoeier
**½ tl sout
2 kop suiker
4 groot eiers – kamer temperatuur
125 ml kookolie
1 kop karringmelk
2 tl vanielje geursel
.

Versiersel:
350 ml water
80 g botter
1 kop suiker
1 ½ el maizena – aangemaak met bietjie water
100 ml kakao
1 tl koffiepoeier
.

Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer 2 x 20 cm-koekpanne goed met botter

.
Klits die suiker en eiers goed tot lekker lig
Voeg kookolie by en klits als saam tot romerig
In aparte bak sif al die **droë bestanddele saam en vou dan bietjies, bietjies op ‘n slag by suikermengsel in
Voeg die karringmelk en geursel by, vou in
Verdeel die beslag in die twee voorbereide panne
Bak 30 min
Keer uit op ’n draadrak en laat goed afkoel

.
Versiersel:
Terwyl die koek bak – maak die versiersel:
Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit stadig.
Roer aanhoudend totdat die mengsel dik is.
Laat afkoel en smeer tussen die koeklae en bo-op die goed afgekoelde koek
Laat koek paar uur in yskas rus voor jy opsny

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!