Loader

Karringmelk beskuit

2014-04-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Gesondheidsbeskuit

  • Karringmelk Beskuit

  • Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

Karringmelk beskuit (Aangepas vir die Broodmasjien)

Bestanddele.

550 g koekmeelblom
5 ml koeksoda
5 ml kremetart
5 ml bakpoeier
5 ml sout
125 ml suiker
125 g botter
200 ml karringmelk

Metode.

1. Sif al die droë bestanddele saam en plaas die mengsel in die broodpan van die
broodmasjien. Rasper die botter en plaas by die droë bestanddele. Stel die
broodmasjien op “dough” en laat knie vir omtrent 10 min.

2 Gooi die karringmelk by die mengsel en laat die masien knie vir nog ‘n verdere
10min. Help die deeg aan met ‘n houtlepel. Die mengsel is redelik styf.
Kanseleer die “dough” stelling op die broodmasjien.

3 Haal die deeg uit en plaas in ‘n mengbak en brei dit met die hande tot’n stywe
deeg.

4. Plaas die broodmasjien se broodpan terug in die masien sonder die lem.
Maak die deeg in bolletjies en pak terug in die mengbak. Sorg dat al die deeg
terug gaan in die broodpan. (Omtrent 12 bolletjies.)

5. Stel die broodmasjien op “Bake” vir 1hr 40min. Toets of die beskuit gaar is
met ‘n tandestokkie. Druk ‘n tandestokkie in die beskuit. As die stokkie droog
uitkom, is die bekuit reg. Indien deeg aan die stokkie vassit, bak vir ‘n verdere
10min.

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!