Loader

Japtrap Biltong

2017-11-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 24
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

24 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

 

Lus om jou eie Biltong te maak, maar nie die “fancy” geriewe soos n Biltongboks om grootmaat te maak nie. Koel komkommer, die een is vir jou. Sommer so in die oop lug soos in die ou dae. Binne 3 dae kan jy al smul.

Vir die Biltong:
+-1.2 Kg Topside Beesvliesstuk verkieslik met mooi lagie vet aan, C graad as jy kan kry
Bruin druiwe asyn
Worcestershire sous
1 x 200g Safari Biltong Seasoning
Dis al !
.

Plastiek biltonghakkies
*lekker skerp mes om mooi egalige repe te sny, jy soek nie flenters nie – of vra jou slagter om in Biltongskywe vir jou te sny)
1 fan (waaier) – ek weet almal is jou “fan” as jy biltong het … LOL
koelste verstrek in jou huis, verkieslik geen son inkom nie

.

Nou so gemaak

In ‘n lekker groot bak, (jy wil nie eintlik die repe bo op mekaar laat le nie) gooi 125ml bruin druiweasyn, sprinkel nou paar goeie blertse Worcestershire oor dat dit helfte-helfte mengsel is

Doop nou jou vleisrepe in die mengsel, vryf dit in, draai om en herhaal. Maak seker dis oralom gesmeer.
Spinkel nou baie goed aan eenkant met Biltong Mengsel , draai om, en bedek met speserye.
Plaas in die yskas vir 12 ure, draai tussendeur nog 1 maal om

Kies die koelste verstrek in jou huis, verkieslik waar geen son inkom nie
Span vir jou ‘n kort draad/lyn of rakkie iewers, wat die waaier se hoogte is.
*verkieslik naby aan ‘n muur dat die waaier se wind terug kan stoot oor die vleis, en lekker sirkuleer
Pak genoeg koerante op die vloer

Hoek nou jou hakkies aan die dikste bo kant van die vleis deur
Hak aan jou lyn. Die vleis moenie aanmekaar raak nie.
Stel jou waaier op hoogste stelling en plaas regoor die vleis, pas waaier se kop aan tot jy tevrede is dat die lug versprei eweredig

Nou is dit geduld. maar glo my die wag, die moeite werd. Na 3 dae behoort jy al te kan smul, hang af hoe dik jou snitte is. So 4 dae is hy so te se droog.
Draai elke 12 uur om tussendeur drogingsproses

Sit voor met ‘n knipmes en yskoue bier. Geniet!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!