Loader

Ideal Melk Brood

2017-05-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 23
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

23 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Die lekkerste Broodjie – tuisgebak

Bestanddele:

2 kop warm water
2 ½ teelepels aktiewe droë gis
½ Eetlepel suiker
¼ koppie gesmelte botter
1 eetlepel sout
¼ koppie suiker
½ koppie Ingedampte melk (Ideal Melk)
5-7 koppies broodmeel

*1 Eetlepel botter, gesmelt (vir na brood gebak is)
*bietjie kookolie

Plaas die gis en suiker in ‘n klein bak.

Gooi die warm water (nie te warm nie) oor die gismengsel en laat dit sowat 10 minute sit, tot lekker skuimerig.

.
In lekker groot mengbak voeg gesmelte botter, suiker, Ingedampte melk en sout..

Wanneer jou gis mengsel gereed is, voeg dit by
Voeg 1 koppie meel op ‘n slag by en meng. Wanneer jy 5 koppies meel in die bak kry, voeg dan 1/2 koppies by totdat die deeg nie meer aan die kante vassit nie.

.
Jy sal weet dis reg as jou vingers nie meer aan die deeg klou nie. Knie goed deur vir 15 minute; maak ‘n bal van die deeg
Smeer dan die deeg en randte van die bak met bietjie olie en bedek die bak met ‘n warm doek. Laat rys tot die volume verdubbel het

.
Verwyder deeg van bak, plaas dit op ‘n meeloppervlak en knie af

.
Knie die deeg vir 5 minute

.
Sny deeg in twee dele en rol dit in ‘n reghoek uit. Rol die deeg nou effe op en steek sy ente ondertoe in. Plaas dan in 2 gesmeerde broodpanne.

.
Laat rys weer tot die volume verdubbel het
Bak vir 30 minute in voorverhitte oond teen 190 C.
Wanneer die brood gaar en mooi bruin gebak is, smeer met botter en laat op koelrak afkoel voor dit gesny word

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!