Loader

Paasbolletjies – Hot Cross Buns 

2018-03-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 19
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

19 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Die lekkerste van Paasfees Paasbolletjies  en Kerrievis

1kg koekmeel
20 g kitsgis
180 g bruinsuiker
15 ml kaneel
5 ml neutmuskaat
15 ml gemengde speserye
½ tl sout
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
skil van suurlemoen – fyn gerasper – 1 tl
skil van lemoen – fyn gerasper – 1 tl
200 ml melk
90 ml botter
3 groot eiers
10 ml vanilla
250g sultanas of rosyne

Kruise
100 ml meel
20 ml olie
60 ml water

Glasiersel:
130 ml stroop
130 ml kook water

Meng die meel, gis, bruinsuiker, kaneel, neutmuskaat, gemengde speserye, sout, bakpoeier, koeksoda,
skil en rosyne alles saam in ‘n groot mengbak.
Smelt die botter en voeg melk by maak net lou warm
Klits die eiers en vanilla
Gooi by die melk, roer deur en gooi melk oor die droë bestandele.
Meng die deeg meet jou vingers tot dit alles goed begin saam kom. en kan begin knie
Knie vir 15 mintot  deeg nie meer aan jou vingersklou nie. maak ‘n bal
Maak toe met skoon doek,  sit in ‘n warm plek om te rys tot dubbel in groote
Knie die deeg af
Maak  rolletjies (gholfbalgrootte)
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat, los genoeg plek om te reis, druk effe plat

Bedek weer met skoon doek en los vir 40 minute om te reis.

Voorverhit die oond solank tot 180°C.

Kruis:
Meng nou die koekmeel en water om ‘n gladde pasta te vorm en sit in ‘n spuitsak/plastieksakkie.
Spuit ‘n kruis oor elke rolletjie.
Bak + –  25 tot 30 minute tot die rolletjies goudbruin en gaar is

Glasiersel
Kook die bestanddele vir die glaseersel saam vir 5 minute
Kwas die glasiersel oor die rolletjies sodra dit uit die oond kom – herhaal paar keer.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!