Loader

Hokaai Vissermanssop

2010-06-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Koue Komkommer Sop

  • Korslose snoek en uietert

  • Boontjiesop en spek

  • Outydse bonesop met broodkluitjies

  • Vis Paella

 

BESTANDDELE:

400 g stokvis
15 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
15 ml olie
1 goot ui, in ringe gesny
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
100 g sampioene, gekerf (200 ml)
410 g tamaties (1 blik)
45 ml tamatiepuree
2 vis – of hoenderekstrakblokkies, opgelos in 500 ml kookwater
15 ml asyn
10 ml bruinsuiker
1 lourierblaar
25 ml mielieblom
250 ml melk

METODE:

1. Trek die vel van die vis af en sny dit in klein stukkies.
2. Gooi die suurlemoensap oor en geur dit met sout en peper.
3. Verhit die olie en soteer die ui, soetrissie en knoffel tot ligbruin.
4. Voeg die sampioene by en roerbraai dit ? paar minute lank.
5. Roer die tamaties, tamatiepuree, aftreksel, asyn en bruinsuiker by.
6. Voeg die lourierblaar en vis by.
7. Plaas die deksel op en laat prut dit 10 minute lank.
8. Maak die mielieblom aan met ? bietjie melk, en voeg dit en die res van die melk by
die vismengsel. Laat dit 15 minute lank prut.
9. Verwyder die lourierblaar net voor bedieing.

Recipe Type: , Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!