Loader

Hoender rolle

2011-07-26
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Kerriehoender Frikkadelle

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

Hierdie is ietsie anders vir as jy mense so bietjie wil beïndruk.

Bestanddele:

Groot hoenderfilette (plat gekap met vleis hammer tot so 7-8mm dik )
Hoender speserye na smaak
Feta kaas
Gaar spek stukkies
Gaar spinasie(opsioneel)
Pot kook water
2 eiers
1 pak Southern Coating Mild of Spicy
Olie vir vlak braai
Plastiek (Glad Wrap)

Sny gekapte hoender filette in reghoekige blokke 15cm x 10cm.
Gooi speserye oor.
Krummel Feta kaas oor, soveel soos jy wil.
Ek gebruik ‘n kwart wiel per blok.
Maar seker om ten minste 1cm rand oop te los.
Strooi Spek stukkies oor
Strooi ook spinasie oor indien verkies
Rol nou die hoender met sy vulsel op (maak nie saak in die lengte of in die breedte nie) en plaas op velletjie plastiek.
Maak dig toe sodat die rolletjie lyk soos ‘n worsie.
Rol die punte sodat daar nie water kan inkom nie en maak seker die hele rolletjie is bedek met plastiek.
Sit nou die rolletjie in die pot met kook water. Laat kook vir so 5-10 min of totdat vleis spierwit is.
Verhit olie in ‘n pan
Verwyder hoender rolletjie uit plastiek en druk saggies droog met handdoek papier.
Rol nou in eier en dan in krummels.
Braai tot goudbruin en bedien.
Ook heerlik as dit afgekoel is vir vinger ete.

.

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!