Loader

Hoender Kerrie

2014-01-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 17
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

17 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

Hoender Kerrie:

Bedien met witrys, en salsa, piesang, blatjang of skep hom in ‘n brood, lekker vir Bunny Chow

stap 1
ster-anys
stokkie kaneel
3/4 koppie olie
1 ui, gekap
4 huisies knoffel, fyngekap
vars gemmer, fyngekap
10 groen rissies gekap, pasop moenie aan jou oe raak nie
2 lourier (kerrieblare) bayleaves

n Braai al die bogenoemde saam met die uie tot dit deurskynend is

stap2
3 eetlepels garam masala
2 eetlepels sterk kerriepoeier van jou keuse
1 tl fyn koljander
2 tl fyn rooipeper
2 tl borrie
3 et bruin druiwe asyn

Voeg die speserye by die gebraaide uie , roer vinning deur en dan die asyn roer vinnig deur, verwyder van plaat… vir 1 minuut

stap3
1 kg hoenderstukke
2 groot aartappels, in blokkies gesny
3 wortels, skoongekrap, stukke gesny
2 medium tamaties, gekap

Voeg nou jou hoender by die uiemengsel roer goed deur, plaas terug op plaat, sodra begin goed braai onder in pot, gooi genoeg kook water stadig by om vleis te dek… laat stadig prut vir 1 uur , hou vloeistof dop
Voeg dan die aartappels , wortel en tamatie by, voeg nog kookwater by as dit nodig is, om die inhoud net te bedek
Kook stadig tot groente heeltemal sag is.

 

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!