Loader

Heuning Speserye Koekies

2018-06-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

Hierdie is eintlik oorspronklik ā€˜n Bulgaarse resep wat ek jare gelede by my Bulgaarse buurvrou gekry het nadat sy een Kersfees vir ons daarvan gebring het. Dit is tradisie in Bulgarye om die koekies Kerstyd te bak.Ā Man maar hulle is lekker., hou maar die koekblikke vol regdeur die jaar met die lekker koekies

Bestandele:

3 koppies meel

200g sucanat of bruin suiker (net minder as ā€˜n koppie)

1 teelepel koeksoda

1 teelepel fyn naeltjies

1 telepel fyn kaneel

ā€˜n Knippie sout

3 eiers

100g heuning (7 eetlepels)

50g klapper olie (3.5 eelepels)

1 styf geklopte groot eier-wit

Ā 

Metode:

In ā€˜n mengbak, sif saam; meel, koeksoda, naeltjies, kaneel en sout

In ā€˜n aparte bak, klits saam; eiers, heuning en olie en voeg dan die suiker by.

Voeg nou die meel emngsel bietjie vir bietjie by en klis goed na elke byvoeging om ā€˜nĀ gladde deeg te vorm.
(Meng met die hande as dit te styf vir die klitser raak.)
As dit te sag is, draai toe in kleefplastiek en verkoel in die yskas vir ā€˜n uur of wat.

Verhit die oond tot 180 grade.

Vir koekiedrukkers, rol die deeg uit tot omtrent 6mm dik tussen twee stukke waspapier.

Sny in verlangde vorms met koekie drukker. Anders kan jy eenvoudig die deeg inĀ  balletjies rol en plat druk tot die verlangde dikte.

Bak ongeveer 14 minute tot dit begin verbruin om die kante.

As jy dit wil versier, verf met die geklopte eierwit en sprinkel dan gekleurde suiker of
versiersel van jou keuse oor terwyl die koekies nog warm is.

Laat heeltemal afkoel en hou dan in ā€˜n lugdigte houer.

 

Foto en Resep : met dank aan –Ā Charl MaraisĀ 

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!