Loader

Heuning en Gemmer Varkboud

2017-05-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 45
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

45 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Varkribbetjie in die oond

  • Stadig Geroosterde Varkpens met Perskes

  • Oondgeroosterde Varkpens

  • Coca-Cola Varkboudtjops

  • Spek, Spinasie en Feta Varkfillet

Hierdie is ‘n hemelse stukkie vleis; die gemmer en heuning komplimenteer mekaar soos vinkel en koljander. Bedien met soet groente patat of pampoen)  as jy warm voorsit. Self baie lekker vir kouevleis en slaai

1 varkboud + – 1½ kg
8 heel knoffeltoontjies
sout en peper na smaak
olyfolie
4 el botter
aartappels ( opsioneel maar baie lekker )
*foelie
.

Glanseersel:
½ kop heuning
½ kop kookwater
1 el appelkooskonfyt
1 tl fyn gemmer
*Meng als mooi saam in koppie tot glad

.

Voorverhit die oond tot 180°C.

As dit nie reeds gedoen is nie, maak op 2cm afstand insnydings deur die vel en boonste laag spek met ‘n skerp mes
Maak diep gaatjies oralom die boud en druk heel knoffeltoontjies met jou duim diep in
Vryf die boud in met sout, peper en olyfolie

.

Plaas in oondpan, stip oral met botter, seël die pan mooi toe met foelie, blinkkant na onder
Bak die boud vir 1 uur, verwyder foelie en plaas halwe aartappels (opsioneel) in die braaipan se vleissappe, geur met sout en peper
.

Seël weer mooi met foelie, bak vir so 35 min, verwyder foelie, bak nou oop onder rooster
Bedruip gereeld tussendeur met glanseersel tot die vel bros en goudbruin bak is

.

Wanneer die vleis gaar is, laat staan vir 10 minute voor dit opgesny en bedien word

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!