Loader

Herderspastei met ‘n twist

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

Gee ‘n twist aan die allerdaagse herderspastei

Jy het nodig:

Bietjie olie
700g maalvleis
1 Ui Gekap
5 Knoffelhuisie, gekneus
2 Selderystingels, fyn gekap
1 Groot wortel – in dun skyfies gesny
Hanvol gevriesde ertjies
1 Tl tiemie
1 Tl Gemaalde koljander
1 Eetl Tamatiepuree

6 Groot aartappels
Sout en Peper na smaak
1 Blik Gekapte tamaties
Bietjie botter
Bietjie melk

Cheddar kaas – so koppie vol – gerasper

So gemaak:

6 Groot aartappels, amper sag gekook – middel mooi uitgehol. Sit eenkant in bakkie, voeg blertsie botter in . Sprinkel sout en peper, bietjie melk, druk fyn.

Maalvleis : Verhit olie in kastrol en soteer ui, knoffel,seldery en wortel tot ui net sag is. Voeg maalvleis by en braai tot mooi bruin gebraai. Voeg oorblywende bestanddele by, kook oor lae hitte, sonder deksel, tot vloeistof amper verdamp het.

Skep nou genoeg gebraaide maalvleis in uitgehode aartappels, so 3/4 vol. Vul op met fyngedrukte aartappels. Sprinkel met kaas, maal vars peper bo-op. Bak in voorverhitte oond 180 C vir 20 min of tot goudbruin. Geniet..!!
.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!