Heerlike Pot Gemmerpoeding

2015-04-12
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Laataand, dis die tyd wanneer ek altyd lus raak vir iets soets… en vinnig..

Heerlike Pot Gemmerpoeding ~ reg in 10 minute

Jy het nodig

stroop:

1 kop suiker
750 ml water
1 tl fyn gemmer
2 el appelkooskonfyt
mespunt sout

Meng ales in ‘n kastrol , sit op plaat , roer alles saam tot suiker gesmelt en bring tot kookpunt

3 el botter (gesmelt)
5 el appelkooskonfyt
2 tl koeksoda
1 kop koekmeel

In mengbak gooi gesmelte botter, voeg konfyt by roer goed deur
Gooi koeksoda by en meng vinnig deur terwyl jy die koekmeel bietjies bietjies bygooi, Meng goed.

Maak seker jou stroop is op kookpunt
Druk jou lepel in die stroop, en skep lepels vol van die deeg in die kokende stroop.
Plaas deksel onmiddelik op. MOENIE OPLIG NIE
Draai plaat op sy laagste stelling, en prut vir 10 minute

Haal van plaat af en laat rus vir 5 minute, moenie deksel oplig nie…

Bedien met lekker vla of roomys

Gemiddelde Gradeering

(4.7 / 5)

4.7 5 9
Gradeer hierdie resep

9 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Suurlemoen Soufflé

  • Korslose Pampoentert

  • Brandewyn en Rosyntjie Potpoeding

  • Jack Daniel’s Malvapoeding

  • Tuisgemaakte Sjokolade Stroop

Recipe Comments

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!