Loader

Heerlike Poeding

2007-04-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Hierdie is nog ‘n variasie op ‘n tipe asynpoeding, maar dis een van die lekkerstes wat ons nog gemaak het. Dis nou al baie jare ‘n staatmaker in ons familie. En as jy gelukkig genoeg is om oorskiet te hê, smaak dit net so lekker opgewarm.

Deeg:

1 Eier
125 ml Suiker
30 ml Appelkooskonfyt
125 ml old brown sjerrie
25 ml Asyn
250ml Meel
5 ml Bakpoeier
5 ml Koeksoda
Knippie Sout
250 ml Melk

Klits eier en suiker. Voeg res by, behalwe melk.

Meng goed en voeg dan melk by.

Giet die deeg in ‘n medium-groot gesmeerde oondbak (die deeg is baie loperig en lyk min, maar sal heelwat rys).

Bak 1 uur by 180C. 40 min tot gaar. Bedien met vla of roomys

Stroop:

125 ml Kookwater
250 ml Melk
5 ml Vanilje
250 ml Suiker (dit kan vreeslik soet raak, so ek gebruik gewoonlik ‘n bietjie minder)
125 ml Botter

Kook stroop bestanddele saam en gooi kokende stroop oor poeding sodra dit uit die oond kom.

Heerlik opgedien saam met roomys of room.

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!