Loader

Heel Sout Skaapribbetjie oor die Kole

2016-11-14
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 22
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

22 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lewer op n stokkie

  • Tamatie Bredie

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Sondagmiddag Lamsboud

  • “Flamed Grill” T-Bone

Lek jou lippe af. Stadig. Stadig. Stadig. — Vat jou tyd. Of jy nou drink of nie. Langs die vuur vir 2 ure of so werk goed, laat daai vetjies lekker uitbraai. Hy braai en skroei ‘n biejtie.

.
Jy benodig:
1 heel lams/skaapribbetjie vroeg uit die yskas gehaal en by kamertemperatuur
sout
gemaalde swart peper
hardekool hout
So maak ’n mens:
Die heerlike geur van die hout maak dit meer smaakvol
Bou nou vir jou ‘n stewige vuur met hout.

As jy nou jou vuur goed aan die brand het, en onderste helfte hout al lekker kole maak, maar nog lekker vlamme het ,
jou rooster skoongebrand en reg vir braai is, dan doen jy die vlamme ding.
Gryp daai rib nou stewig vas met ‘n braaitang. Skroei die ribbetjie eers in ‘n regop posisie.
Seel oor die vlamme aan alle sykante en beenkant, oral oor met die vlamme, letterlik paar sekondes op n kant
Sit nou lamsrib plat op rooster, benekant na onder en braai dan rustig oor medium kole tot perfeksie, draai maar gereeld om tot vetjies lekker uitgebraai is.
Net voor rib reg na jou smaak is, gooi SLEGS sout en gemaalde swart peper oor en NIKS anders nie. “smeltindiemond watertand lekker”

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!