Loader

Halfmaan Konfyt Hand Tertjies

2014-11-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 41
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

41 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

Verspot maklike konfyt tertjies:

1 pakkie 500 g bruismeel
250 g koue botter gerasper
2 x 125 ml houertjies room
1 kop fyn konfyt van jou keuse
1 el maizena
1 groot eier
1 el melk
mespunt sout

Voorverhit jou oond 200 C

Sif bruismeel en sout 2 keer deur
Gooi nou die gerasperde botter by en met vingerpunte vryf dit goed deur
Gooi room geleidelik tot deeg bol vorm, trek toe met plastiek en sit in yskas vir 20 min
Intussen meng die maizena goed met jou konfyt ( help dat konfyt nie uitkook nie)
Deel jou deeg in 3 dele
Begin met eerste bal en op koekmeel oppervlak rol dun uit
Druk sirkels met koekie drukker
Herhaal tot al jou deeg bolle klaar is
Skep teelepels konfytmengsel in die middel van die sirkels
Maak die randjies van sirkels klam met bietjie water op jou vingerpunt
Vou die sirkels toe dat dit soos ‘n halfmaan lyk en seel met ‘n vurk al om die randjies
Rangskik tertjies ‘n gesmeerde bakplaat
Prik elke tertjie ‘n gaatjie of twee met tandestokkie in die middel
Klits eier en eetlepel saam, en smeer tertjies daarmee
Bak 10 min op middel oondrak
Laat tertjies afkoel op die bakplaat voor jy met eierspaan versigtig die tertjies aflig

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!