Grootmaat Gemmerkoekies
2018-01-05- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.7 / 5)
69 People rated this recipe
Related Recipes:
Jy kan maar al jou vorige gemmerkoekie resepte weggooi, die is ‘n staatmaker. Net soos ouma dit kon maak, met krakies en al Resep kan maklik halveer word ( lewer sowat + – 280 koekies)
Jy benodig:
370 g regte botter
2 kop gouestroop
10 kop snowfalke koekmeel
5 kop bruinsuiker
9 el gelyk gemaakte fyn gemmer poeier
8 tl kremetart
8 tl koeksoda
half dosyn groot eiers
2 tl fyn sout
* eksta botter om bakplaat mee te smeer
.So gemaak:
In ‘n groot skottel, sif saam: koekmeel, gemmer, kremetart, koeksoda en sout
Oor matige hitte, smelt botter en stroop saam in ‘n diep groot pot
Verwyder van plaat en laat goed afkoel
Voeg nou eiers by KOUE stroopmengsel en ROER tot alles goed gemeng is
Gooi suiker by en roer tot mengsel net deur gemeng is
Gooi nou suikermengsel oor gesifte koekmeel mengsel en meng goed deur
Bedek deeg met kleefplastiek en plaas in yskas vir 3 ure
Voorverhit oond 180 C
.
Skep opgehoopte teelepels vol deeg en jou handpalm en rol deeg in balletjies en plaas 4 cm uit mekaar op gesmeerde bakplaat en druk balletjies effens plat met jou duim
Bak op middelste oondrakke vir +- 10 minute tot goudbruin
*Hou deeg in yskas indien jy net een bakplaat gebruik op ‘n slag