Loader

GROENBOONTJIES

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 16
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

16 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Aartappel Koekies

  • Vars Aspersies

  • Gevulde, gebakte tamaties

  • Suurlemoen en Heuning Karamel Patats

  • Kool en Bully Beef Roerbraai

met baie sout en peper en botter…. nes ouma sin…

Bestandele
500 g groenboontjies
1 middelslag-aartappel
1 middelslag-ui
1 middelslag-tamatie
Sout en peper na smaak
2 E botter of margarien

Aanwysigings
Gestoofde groenboontjies was altyd ‘n gunsteling veral as my Ouma ‘n stukkie vet skaapvleis of repies swoerd bygevoeg het vir ekstra smaaklikheid.

Onthaar en kerf die groenboontjies fyn (omtrent 2 – 3 koppies vol).

Skil en sny die aartappel in kwarte of effens kleiner, die uie in skyfies en die tamatie in stukkies. Voeg dit by die boontjies. Voeg ‘n bietjie kookwater by en met die deksel op kook vir ongeveer 35 minute oor matige hitte tot sag – as te droog voeg nog bietjie kookwater by.

Maak nou die groenboontjie mengsel fyn met ‘n aartappelfynmaker. Geur met sout en peper na smaak en roer die botter of margarien by. (fyn gekerfde pietersielie daarby ook goed). Sit warm voor. (opgewarm die volgende dag is dit nog lekker).

Recipe Type: Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!