Gouestroop-en-kaneelkluitjies
2023-10-24- Course: Nagereg
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
Related Recipes:
Kluitjies
250 ml bruismeel
Knippie sout
halwe tl kaneel
halwe tl gemmer
3 el botter
2 groot eiers
30 ml melk (ongeveer)
,
Sous
250 ml water
250 ml suiker
2 el vars suurlemoensap
5 el gouestroop
5 ml kaneel
3 el botter
Sif die meel, sout en kaneel saam.
Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel krummelrig is.
Klits die eier en melk saam en voeg by. Maak aan tot ‘n sagte deeg.
Verhit die water, suiker, suurlemoensap, stroop, kaneel en botter saam tot kookpunt. Knyp stukkies deeg af en sit in die kokende stroop.
Bedek die kastrol en laat kook vir ongeveer 20 minute ~ moenie deksel oplig nie , verwyder van plaat, laat rus vir 10 minute met deksel toe.
(Die kluitjies is gaar as ‘n mes wat in een gedruk word, skoon uitkom.)
Skep in bakkies, skep die stroop waarin dit gekook is daaroor en besprinkel met ekstra kaneel of drup ekstra-gouestroop bo-oor.
Sit voor met roomys of vla.
Genoeg vir ses tot agt mense.
*****JP