Geurige Rysslaai

2017-03-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder is dit (genoeg vir 6 porsies)
.
2 gerookte russians
1 kop rou witrys, gaar gekook – afgekoel
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 ui, fyn gekap
1 knofffeltoontjie – gekneus en fyn gekap
100 g cheddar kaas – klein blokkies gesny
sout
gemaalde swartpeper
gedroogde gemengde kruie
1 el botter
1 kop cross & blackwell mayonnaise
1 el kondensmelk

Sny die gerookte russians op in skyfies, dan elke skyfie in die helfte
Braai in bietjie botter tot bros, laat afkoel
As als lekker afgekoel en koud is , in ‘n lekker groot mengbak voeg die rys, groen soetrissies, ui, knoffel , kaas blokkies en bros gebraaide worsies saam.
Geur met sout en peper na smaak, meng liggies deur
Voeg nou kondensmelk en mayonnaise by , sprinkel met droee kruie na smaak en meng goed deur
Plaas in yskas vir minstens 1 uur dat die geure met mekaar begin gesels

Gemiddelde Gradeering

(4.3 / 5)

4.3 5 23
Gradeer hierdie resep

23 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai

  • Gebakte Bone Slaai

  • Wortelslaai

  • Warm Aartappel – Spek Slaai

  • Romerige aartappel en avo slaai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!