Geurige Kerrie Kool

2017-05-16
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

 

‘n Maaltyd op sy eie; sit voor met mieliepap of as ‘n bygereg

.
1 koolkop grof opgekap
1 kop gevriesde ertjies
2 uie – opgekap
3 knoffeltoontjies – gekneus en opgekap
1 groot aartappel – klein blokkies gesny
1½ el sterk kerriepoeier
1 bayleave
1 kaneelstokkie
½ tl borrie
2 el asyn
150 ml kookolie
250 ml hoenderaftreksel of (enige geur knorr sous blokkie aangemaak)
sout na smaak
peper na smaak
1 el botter

.

In ‘n lekker diep kastrol, verhit olie voeg bayleave en kaneelstokkie by
Voeg uie en knoffel by en braai tot sag
Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur, voeg asyn by, roer deur
Pak gekapte kool bo-op gebraaide uie (moenie roer nie)
Plaas aartappelblokkies en gevriesde ertjies bo op en gooi hoenderaftreksel oor
Sit deksel op en laat stoomkook stadig tot droog gekook tot kool begin potbraai
Voeg sout en peper na maak, voeg borrie en botter by
Roerbraai stadig oor lae hitte vir paar minute, tot kool sag en geurig is, roer gedurig
Bedien dadelik

Gemiddelde Gradeering

(4.6 / 5)

4.6 5 14
Gradeer hierdie resep

14 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Soet Karamel Patats

  • My “Spur style” Uieringe

  • Diepgebraai Pampoenpoffertjies

  • Sout en Peper Spinasie

  • Patatwiele

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!