Loader

Gekarameliseerde uie en Bloukaas Bierbroodjie

2008-12-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Benodighede

15 ml olyfolie
15 ml botter
2 middelslag-uie, in skyfies gesny
5 ml suiker
915 ml (500 g) bruismeel
340 ml bier
50 ml gerasperde cheddar
100 ml gekrummelde bloukaas
10 ml droe pietersielie
10 ml droe tiemie

Verhit die olyfolie en botter oor matige tot lae hitte in braaipan. Voeg die ui en suiker by en soteer tot goudbruin. Laat dit eenkant afkoel.

Sif die meel en 5 ml sout saam in n mengbak. Voeg kruie by.Maak n holte in die middel en gooi die bier daarin.

Voeg die gerasperde cheddar, die helfte van die bloukaas en die helfte van die gebraaide ui by.

Roer dit tot net-net gemeng en skep dan die mengsel in gesmeerde en broodpan. Strooi die res van die ui en kaas bo oor. Bak dit in n verhitte oond vir uur of tot toetspen skoon uitkom.

 

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!