Loader

Frikkadel met ‘n “nice surprise”

2016-02-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 11
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

11 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

So ietsie anders en smaaklik as die doodgewone frikkadelle, met ‘n lekker twist !

bestanddele:
1 kg topside maalvleis
4 varkworsies, ontdooi en uitgedruk
1 kop broodkrummels
1 kop gekerfde wortels
3 el tamatiepasta
halwe kop yswater
2 eiers, liggies geklits
1 fyngekapte ui
3 fyngekapte vars knoffeltoontjies
1 tl gedroogde kruie
sout na smaak
peper na smaak
*cheddarkaas – 12 x  blokkies gesny

Aartappel Bolaag
So 4 groot aartappels sag gekook en fyngedruk met botter , melk, sout en peper na smaak., dit
moet lekker stywe beslag wees.
*paprika
Verhit die oond tot 180 C.
Sprei 12 muffinpanetjies met “non stick”
Meng al die bestanddele vir frikkadelle , behalwe kaasblokkies in groot bak, meng goed.
Vorm ‘n bol soos frikkadel in jou hand, en druk liggies vas in muffinpan, ongeveer 1/3 vol.
Herhaal tot al 12 muffin holtes gevul is
Druk 1 blokkie kaas in middel van elke bal, wat dan eweredig weer vleismengsel balletjie weer bo oor, sodat kaas mooi toegedruk is in die middel.
Bak 25 min.
Verwyder van die oond en rond af met kapokaartappels soos volg:
As jy spuittuit het vir kapokaartappels, bo elke kolwyntjie spuit jou kapokaartappels soos jy
‘n kolynntjie sou versier.
Andersins skep mooi hopie kapokaartappels bo op, strooi **paprika, as jy wil en bak tot goudbruin punte vorm, laat afkoel 10 minute in pan voor jy vleis muffin uitlig
Sit voor met lekker groen slaai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!