Flippen Lekker Bullybeef Kerrie Jaffles

2017-04-03
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Ou gunsteling en ‘n lekker smul randrekker !

1 Blik Bull Brand Bullybeef – blokkies opgesny
1 ui – fyn opgekap
2 knoffeltoontjies – gekneus
80 ml kookolie
1 tl sterk kerriepoeier
1 blikkie KOO gemengde Kerriegroente
3 el tamatiesous
2 el blatjang

*minstens 14 sny brood

Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel saam tot bruin en geurig
Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur
Voeg Tamatiesous en Blatjang by roer vinnig deur
Voeg Bully Beef blokkies en Geblikte Kerriegroente by
Meng en laat alles lekker saam prut vir 5 min

Smeer brood met botter en plaas botterkant na buite in jaffle-vorm.
Vul met lepels vol vulsel bo-op broodjie en sit nog ’n sny gebotterde brood bo-op; botterkant na bo
Druk stewig toe, sny korsies wat uitsteek af en rooster oor hoë hitte of warm kole as jy kamp vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin.
Sit dadelik voor saam met jou gunsteling  beker Boeretroos

Gemiddelde Gradeering

(4.7 / 5)

4.7 5 22
Gradeer hierdie resep

22 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Bullybeef Pastei

  • Warmbrakkies met ‘n kinkel

  • Slapdeeg Biltong en Kaas Pasteitjies

  • Kaiings met Mieliepap

  • Oondgebraaide Peper Biefstuk

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!