Loader

“Flamed grill” lamsrib

2016-05-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lewer op n stokkie

  • Tamatie Bredie

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Sondagmiddag Lamsboud

  • “Flamed Grill” T-Bone

“Flamed grill” lamsrib

Die lamsrib word eers geskroei en geseel oor flamme en dan stadig tot perfeksie gebraai
Hout, is die belangrikste bestandeel van ‘n braaivleis, en as mens nou gelukkig genoeg was om hardekool te kon kry soos ons vandag, dan sleep mens mos ‘n heel lamsrib oor daai rooster dat daai vlammetjies heerlik om hom dans.
Ek het nou al baie maniere gesien hoe mense heel rib gaarmaak, van ‘n “staan rib” tot by ‘n braai slegs die beenkant rib, maar een ding kan ek jou verseker, daar is net een manier wat werklik sappig, en smaakvol is, en dit is flamegrill.

Jy benodig:
1 heel lamsrib, vroeg uit die yskas , uit sy verpakking verwyder en rib by kamertemperatuur
kwart koppie suurlemoensap
4 eet botter
sout en peper na smaak
Goeie hardekool hout
So maak ’n mens:
Smelt saam botter en suurlemoensap – hou eenkant

Bou nou vir jou ‘n stewige vuur. As jy nou jou vuur goed aan die brand het, en onderste helfte hout al lekker kole maak, maar nog lekker vlamme het , jou rooster skoongebrand en reg vir braai is, dan doen mens die vlamme ding.
Smeer jou lamsrib met bietjie gesmelte botter en suurlemoensap.
Gryp daai rib nou stewig vas met ‘n lekker lang stewige braaitang. Nou moet jy vinnig speel. oor daai vlamme, vinnig begin seel daai ribbekas, aan alle kante en punte; sye, ribkant, oral oor vinnig met die vlamme, letterlik paar sekondes op n kant, laat daai vlamme daai rib mooi kielie.
die geheim is om net genoeg oop vlamme te gee aan alle kante, om daai sappige geite binne in te verseel.
Siedaar, die heerlike geur van die hout maak dit meer smaakvol, sit nou lamsrib plat op rooster, en braai dan rustig oor medium kole tot perfeksie, bedruip gereeld met nog gesmelte botter en suurlemoensap, draai gereeld om.
Net voor rib reg na smaak is, gooi SLEGS sout en peper en NIKS anders nie.  “smeltindiemond watertand lekker” !!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!