Loader

“Flamed grill” Heel Biefstuk oor die kole

2016-11-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Hoe ook al, ‘n heel Biefstuk braai is fantasties op die kole
.
1 tot 2 kg Silveside of Sirloin Biefstuk; vroeg uit die yskas , uit sy verpakking verwyder en bring na kamertemperatuur
Olyfolie
125ml Suurlemoensap
3 el Botter
Swart peper en sout na smaak

***Goeie hardekool hout
.
Hout, is die belangrikste bestandeel van ‘n braaivleis, en as mens nou gelukkig genoeg was om hardekool te kon kry soos ons vandag, dan kan die vlammetjies heerlik om die biefstuk dans, want daar is net een manier wat werklik sappig, en smaakvol maak, en dit is flamegrill.

Die biefstuk word eers geskroei en geseel oor flamme en dan stadig tot perfeksie gebraai
So maak ’n mens:
Smelt saam botter en suurlemoensap – hou eenkant
Bou nou vir jou ‘n stewige vuur.
As jy nou jou vuur goed aan die brand het, en onderste helfte hout al lekker kole maak, maar nog lekker vlamme het ,
jou rooster skoongebrand en reg vir braai is, dan doen mens die vlamme ding.
Smeer jou biefstuk met bietjie gesmelte botter en suurlemoensap.
Gryp daai Biefstuk nou stewig vas met ‘n lekker lang stewige braaitang.
Nou moet jy vinnig speel. oor daai vlamme, vinnig begin seel die Biefstuk, aan alle kante en punte; sye,
oral oor vinnig met die vlamme, letterlik paar sekondes op n kant, laat daai vlamme daai rBiefstuk mooi kielie.
Die geheim is om net genoeg oop vlamme te gee aan alle kante, om daai sappige geite binne in te verseel.
Siedaar, die heerlike geur van die hout maak dit meer smaakvol, sit nou Biefstuk plat op rooster,
en braai dan rustig oor medium kole tot perfeksie, bedruip gereeld met nog gesmelte botter en suurlemoensap, draai gereeld om.
Net voor die Biestuk reg na jou smaak is, gooi SLEGS sout en peper en NIKS anders nie. “smeltindiemond watertand lekker” !!
Onthou: ‘n groot snit Beesvleis soos hierdie het tyd nodig om te rus nadat dit gebraai is.
Laat rus die Biefstuk vir so 10 minute nadat dit van die kole gehaal is en voor dit opgesny en bedien word.
Dit gee die vloeistof binne-in die weefsel en die lopende vette kans om met mekaar te trou ‘n huwelik wat ‘n verstommende kind genaamd ‘geur’ baar.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!