Loader

Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

2017-07-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 24
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

24 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Beesstertpotjie

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Verras almal met die heerlike Dubbel Sjokoladepotjjie Poeding bederf vir langs die braaivleis vuur of op kamp
( genoeg vir 4 groot porsies)

Beslag:
250g bruismeel
2 el kakao poeier
2 el milo poeier
125 ml suiker
2 eiers
3 el botter (gesmelt)
125 ml melk
1 tl vanieljegeursel
mespunt sout
1 x 80g blok bitter donkersjokolade opgebreek in blokkies
1 x 100g giant Bar-one opgekap in stukkies

.
Sous:
2 kop bruinsuiker
3 el kakao poeier
200 ml kookwater
200 ml ingedampte melk

.
Vir die poeding beslag:
Smeer platboompotjie met botter
Sommer so in jou gesmeerde koue potjie, breek die eiers in en klits
Voeg gesmelte botter, melk en vanieljegeursel by en meng goed deur met houtlepel
Gooi nou die meel, kakao, sout, suiker en opgekapte sjokolade by eier beslag, meng deeglik deur, los net so in potjie en maak gou die sous
Sous:
Eenkant oppi vuur in ‘n kleiner potjie meng die suiker, kakao , ingedampte melk en kookwater saam
Roer totdat al die suiker opgelos is – maar nie kook nie

So gemaak:
Giet warm sous stadig oor die beslag in die pot
Moet dit nie roer nie !! Sit deksel op en bak vir 30 minute deur kole onder die pot en kole op die deksel te pak
Draai nou en dan die pot, anders gaan die een kant van jou poeding gaarder as die ander kant wees. Verwyder van hitte, laat toe staan vir 15 min

**Poeding is gaar wanneer die bokant van die poeding weer terugspring en ferm onder jou vingers voel wanneer jy daarop druk
Bedien met vla of roomys

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!