Loader

Doodeet wors-pan

2013-10-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 17
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

17 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Ouma se Boerewors bredie met mieliepap

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

Ons gunsteling enige dag van die week bederf,
………. doodeet wors-pan inderdaad – genoeg vir 4 mense sonneblomolie

2 uie opgekap
4 knoffelhuisies gekneus
1 groot groen soetrissie grof opgekap
1 pakkie sampioene – grof gekap
2 tl kerriepoeier
2ml borrie
600ml kookwater
15ml blatjang
sout en peper na smaak
800g rou boerewors, in hap grootte stukke gesny
1 blik appelkoos of perske halwes (hou sap)
1 1/2 kop rou rys grasuie – vir garneer

voorverhitte oond 200C

Braai die uie en soetrissie en knoffel in olie tot sag , voeg sampioene by, en braai 2 min Voeg die kerriepoeier in en braai vinning deur en gooi kookwater, blatjang, sout en peper by na smaak, laat paar minute prut baie stadig. Pak die rou wors in ‘n groterige oondpan en skep die uiemengsel bo-op die wors. Sit die appelkoos / perske helftes bo-op die wors en gooi sap by. Sprei die rou rys eweredig oor, maak toe met foelie en bak vir ongeveer *40 minute of totdat die rys gaar is, maak ook en bak tot gereg bietjie kleur kry.. dien warm op…sprinkel met gesnipperde grasuie..
Sit saam met groenslaai en vars broodjie

*Eva Bosmann via Facebook Boerekos Kookengeniet*

*****DIE RESEP IS “TRIED EN TESTED” – VERLENG VERLANGDE BAK TYD VANAF 40 MIN TOT 70 MIN VIR RYS OM GAAR TE WORD* gebruik -parboiled rys, of oorskiet gevriesde rys vir die gereg sou jy woeps waps tyd wil spaar ****

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!