Dadel en Gemmerpoeding

2009-07-27
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

 

STROOP
250 ml  suiker
250 ml water
250 ml muskadelwyn

BESLAG
30 ml botter
30 ml appelkooskonfyt
125 ml melk
10 ml fyn gemmer
1 eier
250 ml dadels, fyngekap
120 g ingemaakte gemmerstukke, gekap (**opsioneel vervang -kook vooraf… 1 kop geskilde vars gemmerstukke in 1 koppie suiker en 2  kop water tot sag en laat goed afkoel in stroop)
20 ml koeksoda
250 ml koekmeel

Stroop
Gooi al die stroop bestanddele in ‘n kastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het. Sodra die suiker opgelos het, kan jy die hitte verhoog en die stroop vir 5 minute laat prut.

Voorvehit oond 180 C

Beslag
Verhit die botter, appelkooskonfyt, melk en gemmer in ‘n aparte kastrol en roer dit totdat die botter en konfyt net gesmelt het. Klits die eier en roer dit by die gekapte dadels en ingemaakte gemmer. Gooi die koeksoda by.Gooi die warm botter-en-appelkooskonfytmengsel by en roer deur. Sif die meel oor die beslag en vou dit met ‘n groot lepel in.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondbak (22 x 22 cm) en giet ‘n derde van die stroop oor.
Bak dit vir 20 minute.
Gooi nog ‘n derde van die stroop oor en bak dit vir nog 15-20 minute of tot gaar.
Gooi die laaste stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom en sit dit voor met roomys of vla

Resep Kategorie :
Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 1
Gradeer hierdie resep

1 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • “Jam Donuts” – Oliebolle

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Suurlemoenmelktert

  • Koekie Monster Roomys

  • Suurlemoen Kaaskoek in ‘n glas

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!