Loader

Croissant

2008-11-16
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3 / 5)

3 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

(lewer 32 croissants)

900 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
2 ml sout
1 ml rooipeper
125 g botter
500 ml cheddar, gerasper
300 ml melk
1 eiergeel

Sif die droe bestanddele saam en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en die melk by om ‘n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier stukke.
Rol elke stuk dun uit op ‘n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20 cm in deursnee vorm.
Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van ‘n wiel in agt ewe groot stukke.
Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas ‘n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat.
Klits die eiergeel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee.
Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank by 200C tot gaar of goudbruin.

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!