Loader

CORDON BLEU

2009-01-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

Bestandele

4 skyfies Cheddarkaas
8 dun skywe filet eweredige grootte
8 spekvleisrepies, swoerd verwyder
20ml Franse mosterd
100ml koekmeelblom
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
2 eiers, geklits
100 ml droë broodkrummels
38 ml botter of margarien

Metode

Sny die kaasskywe so groot soos die vleisskywe en plaas n kaasskyf bo-op 4 van die vleisskywe.
Sny die spekvleisrepies sodat dit so lank soos die vleisskywe is en plaas n stukkie of twee op elke kaasskyf.
Smeer n teelepelvol mosterd oor elke stukkie spekvleis.
Plaas die oorblywende 4 vleisskywe bo-op die spekvleis en steek die vleisskywe met n tandestokkie aanmekaar vas.
Meng die koekmeelblom, sout en peper en doop die vleispakkies in die gegeurde koekmeelblom.
Doop die vleispakkies in die geklitste eier en bedek met dit met die droe broodkrummels. Druk die krummels stewig daarop vas. Verkoel die voorbereide vleispakkies ongeveer 1 uur lank in die yskas sodat die krummels goed kan vaskleef.
Verhit die botter of margarien in n swaarboombraaipan en braai die vleisskywe oor matige hitte tot bruin aan albei kante.

Bedien dit warm saam met skyfies of broccoli en n mengelslaai.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!