Claudia se treffer tiramisu
2013-10-08- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekker tiramisu in ‘n kits
1 boksie vingerbeskuitjies
500g mascarponekaas
125 ml room
3 opgehoopte eetlepels sterk kitskoffie (goeie gehalte)
4 teelepels witsuiker
2 eetlepels vanieljegeursel
driekwart koppie old brown sherry
100g donkersjokolade
Los koffiepoeier en helfte witsuiker in ’n beker met bietjie kookwater en gooi sherry by, maak nou die beker vol met kookwater .
Pak dubbel laag vingerbeskuitjies lae in ’n diep glasbak, Gooi die sherry en koffiemengsel bo-oor, maak oral mooi nat.
Laat staan vir 10 min
Klop room lekker styf en vou mascarponekaas en vanielje helfte dan weer helfte by hou aan klits tot mooi gladde egallige tekstuur.
Skep mengsel bo op die vingerbeskuitjies mooi eweredig. Sit in yskas vir minstens een uur
voor opskep, versier met krulletjies sjokolade of geroosterde amandelvlokkies, of sommer lekker gekrummelde flake..
*Claudia Krishan via Boerekos Kookengeniet*