Loader

Bunny chow met rosyntjiebrood

2016-08-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

So ietsie anders, ‘n twist met ‘n rosyntjiebrood wat die kerrie kombinasie ‘n wenner maak
1 vars rosyntjiebrood
Vir die kerrie
Kerrie:
1kg beesvleis, groot blokke gesny
125 ml kookolie
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies – gekneus
mespunt fyn gemmer
1 tl bruinsuiker
mespunt borrie
3 eetlepels sterk kerrie poeier
2 aartappels, geskil en kwarte opgesny
2 tamaties, fyngekap
1 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 500 ml kookwater

**genoeg servette !!

Verhit olie in kastrol, voeg uie en knoffel by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg kerrie en gemmer, bruinsuiker asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur
Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin.
Gooi 500ml kookwater by, sit die deksel op en laat prut oor matige hitte tot water verdamp het
Voeg nog 500 ml kookwater by, sit aartappels in saam konfyt, tamaties, sout na smaak
Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is

Laat staan vir 15 minute voor jy jou rosyntjiebrood halveer en uithol, skep lekker vol met genoeg sous, eet dadelik. Bunny chow word met die hand ge-eet, lekker groot glas yskoue melk saam

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!