Bone en Beestert Sop

2014-06-17
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Die lekkerste bone sop ooit !!!

Jy gaan nodig he:

1 pak gespikkeide suikerbone

Vroegmore gooi bone in water , week dit tot laatmiddag
Spoel bone goed af, gooi in groot kastrol , bedek met water, bring tot kookpunt, kook tot bone sag is, voeg gereeld nog kookwater by.

Die beesstert ~ in ‘n aparte kastrol :

1.5kg beesstert
1 el asyn
2 uie gekap
2 knoffel huisies
2 el botter en bietjie kookolie
2 cubes beef-stock ~aangemaak met 1 kop water sodra jy gebruik
10 ml peper
60 ml tomato paste
2 wortels ~ gerasper
2 aartappels ~ blokkies gesny

Sit beesstert in ‘n lekker groot kastrol, gooi net genoeg water by dit te bedek, gooi
1 el asyn by, maak toe en bring tot kookpunt, draai hitte af na medium en laat droog kook
tot vleis begin braai in pot, gooi botter en olie by, potbraai tot vleis mooi bruin is, gooi so kwart
koppie kookwater oor, pak die uie en knoffel bo op, sit deksel op en laat weer begin braai,
Verbruin tot lekker geurig
Giet so 1 lt kookwater oor, stel plaat so dat die vleis stadig kook vir 3 ure, gooi nog water by as
jy moet.
Gooi by die sagte vleis ~ aartappels, wortel, tomato paste, 1 kop beef-stock, peper en sout na smaak
Kook alles saam tot groente lekker sag is , laat goed prut

Wanneer boontjies saggekook is , druk fyn met “masher” tot dik pasta
Skep jou pot vleismengsel by, en bring alles tot kookpunt
Gooi nog water by om dikte van jou sop te bepaal
Laat sop goed deur kook oor baie lae hitte tot dik en gelange smaak
Moenie haastig wees nie, laat hulle met mekaar gesels, roer so nou en dan
Sit voor met lekker vars broodjies of vetkoek

Resep Kategorie : Tags: , , , ,
Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 2
Gradeer hierdie resep

2 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

  • Boontjiesop van Kathu 

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • Heerlike Aartappelsop

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!