Bierbrood
2023-11-08- Course: Gebak Koekmeel
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
Related Recipes:
500 g bruismeel
30 ml suiker
5 ml sout
5 ml gemengde kruie
1 blikkie of botteltjie bier (340 ml)
Verhit die oond tot 180C. Smeer n middelslag-broodpan met n volume van 1.5 l (6 K) met botter. Meng die bruismeel, suiker, sout en kruie saam. Voeg die bier by en meng totdat n sagte deeg gevorm het. Plaas dit in die pan en maak dit gelyk. Bak die brood vir 50 minute lank tot gaar. Eet dit louwarm