Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

2016-07-06
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Winter troos !!

.
500g bees-skenkel
1 el asyn
3 el botter
1 groot uie, fyn opgekap
1 pakkie beesstert sop
2 aartappels, geskil en gerasper
2 ryp tamaties, skil verwyder en opgekap
3 kop “soup mix” ( 4 in 1) lensies, ertjies, gort
kookwater
sout en peper na smaak

Soup mix:
Kook die sopmengsel met 1l water in lekker groot kastrol waar jou sop gaan bymekaar kom
Kook nou stadig tot “soup mix” lekker sag is (so 1 en 1/2 uur)
Voeg nog kookwater by indien nodig, dat dit nie droog kook nie

In ‘n ander kastrol, sit jou vleis in, voeg net genoeg koue water by om vleis te dek
Gooi eetlepel asyn by en kook tot die vleis potbraai
Voeg uie en botter by en braai tot lekker geurig
Gooi 500 ml kookwater by en kook stadig tot water weer verdamp en vleis begin braai
Voeg gerasperde aartappels, tamaties sout en peper na smaak en 500 ml kookwater by
Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot aartappels sag is + – 20 min
As jou “soup mix” nou lekker sag gekook is, voeg die vleismengsel by, roer deur
Gooi 500 ml kookwater by en laai prut baie stadig oor lae hitte vir ongeveer 40 min
Roer nou en dan
Maak 2 eel soppoeier aan met koppie kouewater, voeg by sop
Kook vir 10 min tot lekker dik en geurig, voeg nog kookwater by indien jy dunner verkies
Proe die sop en voeg nog sout en peper by na smaak

.
Laat staan vir minstens 20 minute voor opdien met vetkoek of vars brood

Gemiddelde Gradeering

(3.7 / 5)

3.7 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Boontjiesop van Kathu 

  • Heerlike Aartappelsop

  • Rooilensiesop

  • Romerig Sampioenroom Sop

  • Hokaai Vissermansop

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!