Loader

Beesvleis Kerrie met Kluitjies

2015-10-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Iets anders as allerdaagse kerrie en rys
1 tot 2 kg beeskook ( chuck, brisket, shortrib) opgesny
125 ml kookolie
1 lourier blaar
1 kaneelstokkies
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
1/2 teelepels vas fyn gemmer
¼ teelepel borrie
4 eetlepels sterk kerrie poeier
4 aartappels, geskil en halfeer
3 wortels, geskraap en opgekap
2 tamaties, fyngekap
1 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 500 ml kookwater

Verhit olie in kastrol, voeg uie by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg kerrie en gemmer , kaneelstokkie , lourierblaar , asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur
Voeg tamatie by bring tot kookpunt
Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin. Gooi 500ml kookwater by, sit die deksel op.
Laat prut oor matige hitte tot water verdamp het,
Voeg nog 500 ml kookwater by sit aartappels, wortels in , gooi by die konfyt, sout na smaak
Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels amper sag is

Kluitjies vir vleis
500 g bruismeel
1 tl bakpoeier
1 groot eier
mespunt sout
3 el yskoue gerasperde botter
yswater (sonder ysstukkies)

Kluitjies:
Sif bruismeel, bakpoeier en sout ‘n mengbak
Vryf die botter in met jou vingerpunte totdat dit lyk soos broodkrummels
Maak ‘n holte in die middel van die meel, en breek eier in, meng liggies deur
Voeg net genoeg yskoue water by om ‘n sagte bol deeg te verkry
Nou so gemaak:
Bring jou bredie tot borrelende kookpunt op hoogste stelling van jou plaat
Druk jou eetlepel in die pot sous om hom nat te maak, vorm ronde bolletjies deeg, en plaas kluitjies bo-op vleis
Plaas deksel op, (MOENIE DAAI DEKSEL OPLIG NIE!!!) jou kluitjies gaan plat val !!, Bring tot kookpunt, (**sal sien stoom kom lekker uit by deksel), moet nogsteeds nie jou deksel oplig nie !!
Verlaag hitte na laagste stelling, en prut vir 30 minute. Verwyder van plaat, laat rus vir nog 10 minute voor jy deksel EERSTE keer oopmaak
Bedien dadelik met salsa en blatjang

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!