Loader

Beesstertpotjie

2024-03-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lui Lekker Lamspotjie

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Flippen Lekker Wildsvleis-Potjie

  • Chefsharkie se Kalkoenpotjie

Sous

60 ml Brandewyn
750 ml droë rooiwyn
375 ml blatjang
125 ml Worcestersous
125 ml tamatiesous
botterbone se vloeistof
1 pakkie beesstertsoppoeier
250 ml kookwater
30 ml gemengde, gedroogde kruie
30 ml Aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare

45 ml olyfolie
2 kg beesstert, opgesny
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 preie, in skyfies gesny
5 wortels, in skywe gesny as jy nie klein wortels kan kry nie
20 klein aartappeltjies, geskil
16 klein uitjies
250 g knopiesampioene
410 g botterbone
vars, gekapte pietersielie

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous baie deeglik en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie in die potjie oor matige hitte en soteer die vleis vir 10 minute lank. Voeg die knoffel by en roer dit 1 minuut lank. Giet die sous oor die vleis. Moet dit nou nie weer roer nie. Rangskik die uie, soetrissie, seldery en preie bo-op die vleis. Daarna volg die wortels en aartappeltjies. Sit die deksel op en laat prut vir 3 uur 30 minute lank oor matige kole. Voeg kookwater by as dit te droog word. Voeg die klein uitjies, sampioene en botterbone by. Bedek dit en laat dit prut vir nog 30 minute lank. Roer dit deur en garneer met pitersielie voor bediening.

Wenk

Hierdie sous kan ook gebruik word met blokkies vleis.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!