Loader

Beesfillet slaaipakkie

2023-09-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Baba-aartappelslaai met jogurt-suurroomsous

  • Boneslaai met koljander en amandel pesto

  • Kinder Kulslaai

  • Koel Komkommer Slaai

  • Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai

Fillet

30 ml heelkorrelmosterd
10 ml sojasous
45 ml olyfolie
vars gemaalde swartpeper na smaak
sout na smaak
1 stuk goed rypgemaakte heel filet, sowat 600 g

Meng die mosterd, sojasous en olyfolie en smeer dit oor die filet. Laat die filet sowat ‘n halfuur marineer. Vee die vleis met papierhanddoek droog, geur met vars gemaalde swartpeper en sout. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan tot goed warm en braai tot bruin en bros buite en nog lekker pienk binne. Bedek met tinfoelie en laat 10 ¡E 15 minute staan.

Oosterse Slaaisous

5 groot knoffelhuisies, fyngedruk
5 groot rooi brandrissies, ontpit en fyngekap
5 ml fyngerasperde gemmerwortel
50 ml ligte sojasous
100 ml water
50 ml rysasyn
50 ml strooisuiker
50 ml vars uitgedrukte suurlemoensap
10 ml sesamolie
60 ml sonneblomolie

Meng al die slaaisousbestanddele. Sny die filet in papierdun skyfies en marineer in die sousmengsel.

Slaai
1 bossie mizuna
1 bossie roketblare
1 pakkie bronkors
komkommer, met ‘n groenteskiller in repies of linte gesny
‘n paar groot slaaiblare soos Iceberg-blaarslaai of spinasie
‘n paar stingels grasuie, in kookwater gedoop
‘n paar takkies vars kruisement
‘n paar vars koljanderblare met stingels
‘n paar takkies vars basiliekruidblare

Meng die mizuna, roket en bronkors. Neem ‘n groot heel blaarslaai en pak van die slaaimengsel, komkommerrepies en filetskyfies bo-op. Bind die pakkies met die geweekte grasuie vas en steek ‘n takkie van elke kruiesoort bo-op die bondel in. Sit dit saam met die res van die Oosterse slaaisous voor.Ons hou mos van braai en dan bly steak boaan ons voorkeurlysie. Maar hoe nou gemaak as jy nie mag vuur maak daar waar jy jou uitspanplek kies nie? Maak jou steak klaar by die huis gaar, net effentjies. Dit kan binne nog maar goed rou wees. Sny dit dun-dun op, amper soos carpaccio, en laat marineer dit dan in ‘n sousie wat dit verder gaarmaak. Die slaaisousie is n wenner, eintlik noem ek dit my staatmaker-slaaisous wat net so lekker oor gebraaide calamari, vis en uiteraard dan ¡¥n groen slaaitjie sal gaan.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!