Loader

Appel Sponspoeding

2015-07-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

Smul warm appelpoeding in ‘n oogwink
.
bestanddele:
1 groot groen Apple, geskil en groot blokkies opgesny (gekook vir 10 min, gedreineer en afgekoel)
1½ kop bruismeel
2 groot eiers
125ml suiker
½ kop melk
*bruinsuiker vir sprinkel

sous:
1 (380g) blik ingedampte melk
¼ kop bruinsuiker
¼ kop goue stroop
2 el botter
2 tl vanielje geursel

.
voorverhitte oond 180 ° C
Klits die eiers en suiker saam tot romerig
Voeg die melk by, meng goed
Sif die bruismeel, meng by melkmengesl in, meng tot glad en egalig
Rangskik die appels op ‘n gesmeerde oondbak, sprinkel goed met bruinsuiker
Gooi die aangemaakte mengsel versigtig oor die appels
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 ° C vir 35 minute
sous:
Bring stadig tot kookpunt die ingedampte melk, botter, goue stroop en bruinsuiker oor lae hitte, roer aanhoudend tot suiker opgelos is
Verwyder van die stoof en voeg die geursel by, roer deur. Moenie kook nie
Gooi sous oor warm poeding sofra uit die oond kom

Laat rus vir 15 minute en bedien met roomys of vla, nog lekkerder die volgende dag koud

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!