Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, November 22 2008 @ 09:59 VM CST

WELKOM BY BOEREKOS! DIE SUID AFRIKAANSE RESEPTE WERF.

KOM KOOK EN GENIET SAAM MET ONS!

Kom kook saam met ons! Ons is hier bedrywig met die bou van 'n EGTE SUID AFRIKAANSE RESEPTE WERF - IN AFRIKAANS GESKRYF.

Sluit gerus aan en neem deel. Voeg julle resepte by - dis maklik en gratis om deel te neem. Onthou net dat bestanddele met twee d's gespel word. Die spesery is mosterd, anders as die van Mostert! Min genoeg om te onthou!

Honderde lekker resepte in Afrikaans!.

 Watch this space for our new South African Recipes site in English!

Groete,

BOEREKOS.

Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Ouma se Skoenboks Vrugtekoek



Bak nou, anders sit jy droemond Kersfees.... onthou, n Krismiskoek moet gevoer word met die beste brandewyn tot jou beskikking.

Die Groot Geheim is die goeie bestanddele . Koop die beste vrugte wat jy in die hande kan kry.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Tuisgemaakte Sjokolade Roomys



250 ml melk
vanieljepeul
1 eier
2 eiergele
250 ml room
65 g suiker
2 eetklepels kakao
1 eetlepel sjokolade, gerasper

Kook die vanielje in melk. Klits al die eiers en suiker saam. Gooi die eiermengsel, kakao en sjokolade by die melk en roer stadig oor lae hitte tot dit so dik soos room is. Klits die room en vou dit by mengsel. Plaas in vrieskas en roer een keer daardeur voor eerste opdiening.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Karibiese chilli sous



15 Tabasco chilli?s, of so 8 Habanero?s (verkieslik vars uit die tuin)
1 wortel
3 teelepels knoffel
1/2 koppie asyn
1/4 koppie lemmetjiesap
1/2 - 1 mango, opgesny in blokkies
3/4 koppie water
olyfolie

Maal die chillies (gebruik soveel van jou gunsteling soort as wat jy wil, afhangende van hoe warm jy dit wil he), knoffel en wortel fyn in ?n voedselverwerker en braai so 3 minute in die olyfolie.

Net n waarskuwing as jy met chillies werk: Moenie jou oe of ander sensitiewe vryf terwyl of na jy die chillies hanteer het nie. As jy met Habaneros werk, oorweeg dit om handskoene te dra. Wees ook versigtig vir die chilli-dampe, veral as jy die voedselverwerker oopmaak.

Gooi die gebraaide bestandele saam met die res in ?n versapper en versap tot n sous. Dan alles weer terug in die pan, en prut vir so 5-10 minute. Indien die sous te dik is, verdun met meer water terwyl dit prut. Laat koel effens af en gooi dan oor in skoon glas bottels (dit sal nog dikker word soos dit afkoel). Bere in die yskas, dit behoort maande te hou (geen kiem sal die moed h? om dit aan te val nie).

Lewer so 500 ml sous wat so 8 uit 10 kry vir warm as jy Tabasco chillies gebruik (habaneros sal dit nader aan 10 maak). Gebruik op pizzas, Meksikaanse kos, kerries, seekos, Cajun crawfish en selfs in jou bier (as jy so voel).
.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Heerlike Hoender vlerkies

Heerlik as my man Rugby kyk.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Sjokolade Mousse

Het die resep vanaf die Tanner Broers gekry, hulle kook gewoonlik op die (BBC Food) program wat by ons aan gebied word.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Flatervrye appeltert

Die lekkerste appeltert, het nog nooit n blaps gehad nie!
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Brandewyn Bomme



Bestanddele
100 ml Goue Stroop
200 g Sjokolade
200 g Pekan neute
150 ml Brandewyn
2 Pakkies Tennis Beskuitjies
Versiersuiker

Metode
Maak Tennis beskuitjies fyn.
Breek die pekan neute.
Breek sjokolade in n diep bak en voeg stroop by.
Mikrogolf teen 50% krag tot gesmelt.
Roer mengsel goed.
Voeg beskuitjies, neute en brandewyn by.
Meng Goed.
Rol in bolletjies en rol dan bolletjie deur versiersuiker.

Plaas Bolletjies in yskas.
Die bolletjies is op hulle lekkerste na paar dae
Kan tot 2 weke in yskas gebere word
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Croissant


(lewer 32 croissants)

900 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
2 ml sout
1 ml rooipeper
125 g botter
500 ml cheddar, gerasper
300 ml melk
1 eiergeel

Sif die droe bestanddele saam en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en die melk by om 'n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier stukke.
Rol elke stuk dun uit op 'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20 cm in deursnee vorm.
Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n wiel in agt ewe groot stukke.
Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat.
Klits die eiergeel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee.
Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank by 200C tot gaar of goudbruin.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Hoenderslaai met mango en gemmermayonnaise



6 hoenderborsie filette
250 ml witwyn
250 ml hoenderaftreksel
2 ml swart peperkorrels
3 lourierblare
bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap
45 ml pietersielie, gekap
3 groot mango's, geskil en gesny Gemmermayonnaise:
200 ml mayonnaise
200 ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30 ml suurlemoensap
10 ml heuning
1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
sout en peper na smaak

Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel.
Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourierblare. Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies. Meng met gemmermayonnaise..
.
Epos Artikel aan 'n Vriend Vertoon Drukbare Weergawe

Kerrie Marinade

1 k Blatjang 1 k Asyn 12,5 ml Borrie 12.5 ml Suiker 12.5 ml Olie 25 ml Kerrie 125 ml Appelkooskonfyt 3 Gesnyde Uie

Resepte Boeke

Potjiekos Wenners
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Advertensie

Boekrak


Cass Abrahams kook Kaap-Maleis

GOOGLE IN AFRIKAANS

WAT MAAK ONS HIER?

LEKKER KOS!

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 6

WAT IS NUUT?

ARTIKELS


KOMMENTARE laaste 2 dae


TRACKBACKS laaste 2 dae

Geen nuwe trackback kommentaar

Links laaste 2 weke

No recent new links

MEDIA GALLERY Last 7 Days

No new media items

RESEPTEBOEKE

Bestel jou Afrikaanse Resepteboeke hier! Klik op 'n Boek om te bestel


Cass Abrahams kook Kaap-Maleis
Maklike maaltye vir babas en kleuters
Smul Sonder Sukkel
Kook 'n Storm Los
Sarie 5
Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Die 4x4 Safari kookboek
Klein Kook en Geniet
Kook met Blikkies en Pakkies
Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
Potjiekos Wenners
Kook en Geniet

FOTOS

Fotos verskaf deur MediaClubSouthAfrica.com
FreeFoto.com