Litchi Hoender
Geskryf deur: Bossie
Litchi hoenderBenodighede:
1 Lekker groot hoender in stukke gesny
1 tot 2 groot uie
2 knoffelhuisies
Five spice een groot teelepel of na smaak of as jy nie het nie
Gewone kerrie met anys, kaneel, kumein poeier ens
Een groot eetlepel grondboontjie botter
Blikkie ontpitte litchis
Blikkie Klappermelk (coconut milk)
Metode:
Braai fyngekapte ui saam met knoffel in bietjie olie tot glanserig
Gooi die kruie by en laat bietjie braai
Gooi die hoender in die pot en roer mooi deurmekaar
Nou gooi jy die res van die bestandele saam met sout en peper by en laat kook tot gaar
Bedien saam met verkieslik basmatie of Thai rys, dit is so lekker jy kan dit sommer saam met pap ook eet


.
.
.











