Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 24 2013 @ 05:14 NM CDT
Vertoon Drukbare Weergawe

Spaghetti bolognais

Maklik en vinnig vir die wat nie tyd het om ure lank te kook nie
Vertoon Drukbare Weergawe

Hoender Pasta


Bestandele:

2 x  500g pakke penne pasta
2 kg ontbeende hoerder bors filette in repies gensy
1 Green pepper in stukkies gesny
2 Groot uie grof gekap
10ml knoffel
1 klein blikkie tamatie puree
1 Groot pak swart sampioene
2 Koppies wit wyn
250ml room
10ml Pietersielie
Parmesan kaas
Olyf olie
Vars gemaalde swartpeper

Witsous:
3 Eetlepels margarien
3 Eetlepesl Koekmeelblom
500m melk
sout


Metode:

Smeer of bespuit 'n groot kaserol goed met margarien of Spray & Cook
Kook penne al denté
Verhit olyfolie in groot pan.
Sorteer uie en knoffel tot sag.  Voeg green pepper, hoender repies en sampioene by.  Roerbraai tot hoender goed gaar maar nie droog is nie.
Voeg wit wyn, room en tamatie puree by en pietersielie by en laat prut goed op stadige hitte vir 10minute.

Vir Witsous:

Smelt margarien/botter in pot.
Voeg meel en sout by en roer by botter tot 'n pasta vorm.
Voeg melk by en klits baie baie goed sodat daar nie klonte vorm nie (gebruik draadklitser). 
Kook tot goed gaar. (Verminder hitte - sodat witsous nie aanbrand nie)

Meng die hoendermengsel en witsous goed.  Strooi Parmesan en vars swartpeper bo-oor.

Bedien met growe gemengde slaai en vars broodrolletjies.

.
 

Vertoon Drukbare Weergawe

wit sous pasta

Die witsous pasta is maklik en vinnig

 

 

Bestandele

Wit sous pasta 1 pak pasta van jou keuse.

3 eetletels botter

Kwart koppie meel

Garlic

Olie

Sout Pepper

+- 1 L Melk

 

Aanwysings

Braai die garlic,in die olie.En voeg dan die botter by.Meng die meel in. Gooi dan die melk bietjie vir bietjie in terwyl jy die heeltyd roer.Voeg dan die sout en pepper by.As die sous dik word en nog n bietjie loperig is,is dit reg.Ondou dat dit nog dikker sal word terwyl dit staan.Kan worsies of bacon ook by gooi.Maak die pasta soos dit aan gewys word op die pak.Jy kan dit ook in n oond bak gooi en kaas op gooi,laat dit gril Tot die kaas gesmelt het

 

 

 

Vertoon Drukbare Weergawe

regte italiaanse pasta

Famielie resep, regte italiaanse pasta...

 

Die sous kan ook lekker wees op rolletjies en rys.


Bestanddele:

4 bkikkies tamatie en uie

2 pak tamatie paste

1 pak pasta

1 eetlepel origano

Sout Paprika

Olie

Mince

Garlic

2 uie

 

Metode:

 

Braai die uie en mince en spiserye in olie,tot gaar.voeg die tamatie en uie blikke in en paste,en n halwe koppie Water.roer en prit vir omtrent 30 min.kook pasta soos Aangewys op pak.as alles klaar is meng alles saam.en skep op Bedien met kaas van jou keuse.

 

 

Vertoon Drukbare Weergawe

MACARONI & KAAS (a’ la’ Anne)


MACARONI - 1599, Suide van Italie. dialek maccaroni (It. maccheroni), meervoud van *maccarone, moontlik van maccare "kneus, maal" van onbekende bron, of van ou Grieks. makaria "kos van gars gemaak."

BESTANDDELE

500 ml macaroni
1 groot ui
1 groen rissie [greenpepper]
250 gr bacon stukkies
1 groot tamatie
1 eier
5 - 10 ml knoffel
5 ml suiker
5 ml origanum
5 ml pietersielie
2 x 250 ml gerasperde kaas
4 x 250 ml witsous
sout & peper na smaak

METODE

1. Kook macaroni en dreineer.
2. Maak witsous en gooi macaroni, eier en 375 ml kaas by.
3. Kap ui en soetrissie, braai en gooi by nr. 2
4. Braai bacon en gooi by nr. 2.
5. Voeg die res van die bestanddele by en plaas in bak. Strooi orige 125 ml kaas oor .
6. Bak tot mooi goudbruin bo-op, vir ongeveer ½ uur by 180º.
7. Bedien met knoffelbrood en/of gemengde slaai. Genoeg vir ongeveer 6 mense.

Vertoon Drukbare Weergawe

Sitrus Risotto

1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 wortels, geskil en in klein blokkies gesny
1 lemoen, geskil (behou skil)
625 ml groente aftreksel
30 ml olie
62.5 ml lang korrel rys
60 g parmesaan kaas
sout en peper na smaak

Sny die lemoenskil in dun repies. Bring die aftreksel tot kookpunt en hou dit warm oor medium hitte. Verhit die olie in n pan en voeg die wortels, rys en knoffel by en braai liggies terwyl jy dit roer. Voeg die helfte van die die warm aftreksel by. kook oor medium hitte tot die vloeistof geabsorbeer is. Roer aanhoudend. Voeg die oorblywende aftreksel by en kook verder terwyl jy dit roer. Sodra al die vloeistof geabsorbeer is, verwyder die rys van die hitte en roer die parmesaan kaas en 30 ml lemoenskil by. Geur met sout en peper en die lemoensap.
Vertoon Drukbare Weergawe

Drie-Kaas-Spaghetti

1 pakkie spaghetti
125 ml pietersielie, grof gekap
85g mascarpone
gorgonzola
sout en peper na smaak
parmesaan na smaak

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en hou so n bietjie van die water. Smelt die mascarpone in n pan en krummel die gorgonzola kaas en voeg dit by die mascarpone. Voeg die spaghetti by die kaas en geur met sout en peper. Voeg water by indien nodig. Voeg die pietersielie en die parmesaan by en bedien dadelik.
Vertoon Drukbare Weergawe

Aspersie Risotto

1 ui, fyn gekap
1 koppie kort korrel rys
15 ml botter
562,5 ml groente aftreksel
60 ml wit wyn
255 g wit aspersies
255 g groen aspersies
30 ml botter
knippie suiker
sout en peper
Parmesaan kaas
Vertoon Drukbare Weergawe

Tagliatelle en Gerookte Forel

255 g aspersies
1 ui, fyn gekap
15 ml botter
125 ml witwyn
n knippie suiker
2,5 ml suurlemoenskil
2,5 ml suurlemoensap
60 ml creme fraiche
125 ml groenteaftreksel
200 g tagliatelle
140 g gerookte forel filette
n halwe bossie dille
suurlemoen skywe
Vertoon Drukbare Weergawe

Pasta en boontjies

60 g spek, gesnipper
60 g uie, gesnipper
30 ml olie
2 knoffelhuisies, gepers
750 ml hoenderaftreksel
1 blikkie tamaties
280 g gevriesde groente
1 blikkie wit boontjies, gedreineer
Sout en peper na smaak
150 g sop noedels
Gekapte pietersielie
Parmesaan kaas

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Opsitkers

Afrikaans Dating

Advertensie

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 10

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

RESEPTEBOEKE

Bestel jou Afrikaanse Resepteboeke hier! Klik op 'n Boek om te bestel



Cass Abrahams kook Kaap-Maleis

Maklike maaltye vir babas en kleuters

Smul Sonder Sukkel

Kook 'n Storm Los

Sarie 5

Huisgenoot Top 500 Wenresepte

Die 4x4 Safari kookboek

Klein Kook en Geniet

Kook met Blikkies en Pakkies

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek

Potjiekos Wenners

Kook en Geniet