Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Mei 21 2013 @ 01:55 NM CDT
Vertoon Drukbare Weergawe

Ryp Tamatie Konfyt


2 kg ryp tamataies kookwater
7,5 k wit suiker 37,5 ml suurlemoensap
gekneusde groen gemmerstukke
Steriliseer flesse.
Bedek tamaties met kookwater, laat staan 1 – 2 minute lank, trek skille af en weeg. Kap tamaties in blokkies. Pak die tamaties en suiker in lae in swaarboomkastrol, voeg die suurlemoensap by en verhit dit baie stadig oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, of laat staan dit oornag.

Verhoog hitte sodra suiker opgelos het en kook tot die konfyt stolpunt bereik het. Roer nou en dan sodat die konfyt nie aanbrand nie. Doen die pieringtoets. Skep konfyt in flesse, bedek met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseël die flesse

 

. .

 

Vertoon Drukbare Weergawe

Mango en Pruimedant Blatjan

Bestanddele:

 1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit      

2 groot mango’s gesny in blokke

knypie gemaalde neutmuskaat

750ml asyn    

1tl gemaalde gemmer

1 tl gemengde speserye

1 tl fyn kaneel

1 tl  droë mosterd   

2.5ml brandrissie poeier

knypie gemaalde naeltjies     

2 kop pitlose rosyne

600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny     

2 kop suiker

500g wortels, geskil en grof gerasper   

30ml sout

3 uie, geskil en gekap

 

So gemaak:

 Voeg  asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt.

Voeg al die oorblywende bestanddele by bring weer tot kookpunt.

Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur

Roer kort kort  sodat die mengsel nie aanbrand nie.

Kook  tot dik.

Haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat goed afkoel.

Skep in gekookte ,gesteriliseerde botteltjies.

Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand.


Vertoon Drukbare Weergawe

Suurvy konfyt



Die suur vleisgedeelte binne-in die vrug is slymerig met blink, bruin sade daarin. Die onderste deel van die vrug word afgebyt en die vleisgedeelte uitgesuig.

Heerlike konfyt word van suurvye gekook en dit word ook vir oosterse disse gebruik.

So gemaak:

Bestanddele:
1 kg suurvye
100 g sout
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
6 liter water

Metode:


1. Sny die suurvye se punte af, spoel goed af en week oornag in 5 liter water en sout mengsel.
2. Gooi die water af, (moenie water weggooi nie, gooi oor in skoon kastrol)
3. Spoel af en skil.
4. Maak 'n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
5. Bring tot kookpunt en voeg die vye by.
6. Kook tot die vrugte blink en stroop lekker dik is - (+- so twee ure)

Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.
Vertoon Drukbare Weergawe

Uie Marmelade



150ml olyfolie
20ml mosterdsaad
1kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny
25ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml rooi wynasyn
100ml rooiwyn
fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene

Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit sagg is (sowat 25 minute) Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddle by en prut saggies tot die sappe verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham of kaas.
Vertoon Drukbare Weergawe

Marmelade

Sit 'n aantal lemoene deur 'n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, di. sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 3/4 kg (= 750 g) suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of 'n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.
Smaaklik eet!
Vertoon Drukbare Weergawe

Fyn aarbeikonfyt

Was en sny die stingels van die aarbeie af. Weeg die vrugte en gebruik 500 g suiker vir elke 500 g vrugte. Sit die vrugte en die suiker in lae in n kastrol, druk die onderste laag vrugte stukkend sodat die sap uitkom en laat dit oornag staan. Verhit dit stadig en roer dit af en toe tot die suiker opgelos is. Kook vir ongeveer 1 uur lank en bottel dit warm.

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Opsitkers

Afrikaans Dating

Advertensie

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 11

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

RESEPTEBOEKE

Bestel jou Afrikaanse Resepteboeke hier! Klik op 'n Boek om te bestel



Cass Abrahams kook Kaap-Maleis

Maklike maaltye vir babas en kleuters

Smul Sonder Sukkel

Kook 'n Storm Los

Sarie 5

Huisgenoot Top 500 Wenresepte

Die 4x4 Safari kookboek

Klein Kook en Geniet

Kook met Blikkies en Pakkies

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek

Potjiekos Wenners

Kook en Geniet