Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, Julie 31 2010 @ 10:20 NM CDT

WELKOM BY BOEREKOS! DIE SUID AFRIKAANSE RESEPTE WERF.

KOM KOOK EN GENIET SAAM MET ONS!

Kom kook saam met ons! Ons is hier bedrywig met die bou van 'n EGTE SUID AFRIKAANSE RESEPTE WERF - IN AFRIKAANS GESKRYF.

Sluit gerus aan en neem deel. Voeg julle resepte by - dis maklik en gratis om deel te neem. Onthou net dat bestanddele met twee d's gespel word. Die spesery is mosterd, anders as die van Mostert! Min genoeg om te onthou!

Honderde lekker resepte in Afrikaans!.

 Watch this space for our new South African Recipes site in English!

Groete,

BOEREKOS.

Vertoon Drukbare Weergawe

Pa se boek

INHOUDSOPGAWE: BRAAIVLEIS 2 Biermarinade 4 Braaisous Braaivleis marinade Pynappel marinade Wynmarinade Poetoepap 5 Stywepap Feespap Asbrood Maklike roosterkoek Biltong, kaas en uiepotbrood 6 Mieliebrood Braaivleisbroodjie 7 Mieliepaptert Mopaniewurms Pynappel oor die kole Aartappels vir braaivleis 8 Warm patats in foelie Varkribbetjie oor die kole 9 Duiwelsrib Tjops met heuning en blatjang Braaitjops Lamstjops met kruieknoffelbottersous 10 Lemoen en gemmer varktjops Gepekelde varktjops met heuning en mosterd Anyssaad biefstuk Biefstuk in biermarinade 12 Cowboy beesvleisskywe Gevlekte vis met rooi marinade Vis in piesangblare Geroosterde snoek 13 Peri-Peri plathoendertjie Geroosterde piepkuikens Betty se sosaties 14 Varkvleis sosaties Kebabs met peppadews POTJIEKOS 15 Potjie marinade 16 Beesstertpotjie Geurige beesskenkelpotjie Maalvleispotjie uit die boonste rakke 17 Mosselpot Skaapafvalpotjie Tamatie lamsvleis met kluitjies 18 Hoender Noedel potjie Rooi potjie vir pa 19 Hoender, Biltong en Spekpotjie
Vertoon Drukbare Weergawe

Piesangbroodjie gesondheid



Bestandele:
3 oorryp piesangs
100g botter
1/2 koppie suiker
20 ml grondboontjiebotter
twee eetlepels heuning
500 ml meel
2.5 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
knippie sout
50 gram amandel vlokkies
50 gram pampoenpitte
25 gram gekrummelde pekan neute

Metode:

Voorverhit oond na 180 grade.

1. Rooster die amandel vlokkies en pampoenpitte vir so paar minute in 'n baie warm pan
2. Smelt die botter ‘n ‘n pan. Wanneer dit gesmelt is, gooi die suiker by en roer dit in tot dit gesmelt is.
3. Gooi bietjie botter in as dit te klewerig raak.
4. Gooi nou die botter en suiker smeltsel in ‘n voedselverwerker en meng vir so 30 sekondes.
5. Gooi die stukke piesang en heuning by en verwerk tot pap, dan die grondboontjiebotter en verwerk weer tot pap.
Dit sal miskien nodig wees om so klein bietjie water/melk by te gooi om die pulp sag te kry.
6. Meng in ‘n mengbak al die droë bestanddele, ingesluit die pampoenpitte, pekanneute en amandel vlokkies.
7. Gooi dan die pulp by en werk dit deur met ‘n paplepel of ‘n slaplemmes of soortgelyk. Moenie te veel kommer nie as dit ‘n taaier mengsel is as waaraan jy gewoond is vir piesangbrood.
8. Skep dit als ‘n ‘n bottergesmeerde broodpan en bak vir minstens 50 minute tot ‘n uur teen 180 grade.
Vertoon Drukbare Weergawe

Ingelegde knoffel

Die smaak is puik en glad nie so sterk soos n mens sal dink nie. Braai daai stukkie steak en sit van die koffel op. Dis heerlik.
Vertoon Drukbare Weergawe

Marmelade Hoender

Met al die marmelade wat ons gemaak het die winter is die hoender n treffer.
Vertoon Drukbare Weergawe

WARM DADELPOEDING



1½ Koppie Meelblom
1 Hoogvol teelepel Koeksoda
1 koppie Gekapte Dadels
½ teelepel Kaneel
2 Eetlepels Appelkooskonfyt
1 Eier
1 Melk

METODE:

Vryf botter in meel.
Voeg gekapte dadels en konfyt by.
Maak mengsel van melk en koeksoda aan, gooi eier in melkmengsel, en voeg die melkmengsel dan by die meelmengsel en roer goed deur


SOUS:

Kook 2½ Koppie water en 1½ koppie suiker vir 5 minute in groot kastrol.
Roer aanhoudend totdat suiker gesmelt is.

Skep deegmengsel in kokende stroop en en plaas deksel op, draai onmiddelik die hitte op laagste temp.

Kook vir 40 min, op laagste temperatuur van plaat as moontlik, moenie deksel oplig nie...

Bedien warm met heerlike vla, roomys of geklopte room

Vertoon Drukbare Weergawe

Diepskep Hoenderskottel



Jy wil die al die kossoorte bedien maar het nie lus om ure voor die stoof te staan nie, dan sal hierdie ene jou baie help.
Vertoon Drukbare Weergawe

Skaapboud sonder fieterjasies



Maklikste skaapboud ooit en dit werk ELKE keer.

Dit hang nou af wanneer jy die boud wil bedien. As jy hom vir Sondagmiddagete wil hê, stel ek voor dat jy deel 1 die aand voor jy gaan slaap doen. Vir aandete kan jy dit die oggend voor werk doen.
Vertoon Drukbare Weergawe

Hokaai Vissermanssop



BESTANDDELE:

400 g stokvis
15 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
15 ml olie
1 goot ui, in ringe gesny
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
100 g sampioene, gekerf (200 ml)
410 g tamaties (1 blik)
45 ml tamatiepuree
2 vis – of hoenderekstrakblokkies, opgelos in 500 ml kookwater
15 ml asyn
10 ml bruinsuiker
1 lourierblaar
25 ml mielieblom
250 ml melk

METODE:

1. Trek die vel van die vis af en sny dit in klein stukkies.
2. Gooi die suurlemoensap oor en geur dit met sout en peper.
3. Verhit die olie en soteer die ui, soetrissie en knoffel tot ligbruin.
4. Voeg die sampioene by en roerbraai dit ? paar minute lank.
5. Roer die tamaties, tamatiepuree, aftreksel, asyn en bruinsuiker by.
6. Voeg die lourierblaar en vis by.
7. Plaas die deksel op en laat prut dit 10 minute lank.
8. Maak die mielieblom aan met ? bietjie melk, en voeg dit en die res van die melk by
die vismengsel. Laat dit 15 minute lank prut.
9. Verwyder die lourierblaar net voor bedieing.
Vertoon Drukbare Weergawe

Koffie Varktjops



Moenie laat die koffie jou afskrik nie , die eindproduk vingerlek lekker...

Bestanddele

2 kg Varktjops
Koekmeelblom met sout en peper gegeur
Kookolie
2 uie, in skywe gesny
30 ml margarien
30 ml kitskoffiepoeier
250 ml kookwater
250 ml asyn
150 ml gouestroop
10 ml Bisto
Sout en peper

Keep die Varktjops liggies aan spek kant
Rol die Varktjops in die gegeurde koekmeelblom totdat hulle goed daarmee bedek is.
Braai die Varktjops aan weerskante tot goudbruin in net genoeg olie om die bodem van die pan te bedek.
Pak die Varktjops in ‘n groot oondkasserol.

Braai die uie in die margarien tot sag.
Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, gouestroop en Bisto wat met ‘n klein bietjie water aangemaak is.
Geur dit met sout en peper en laat dit opkook; verdik die sous met ‘n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is indien ‘n dikker sous verkies word.

Gooi die koffiesous oor die Varktjops, bak op die middelste oondrak in ‘n voorverhitte oond (150 grade) vir ‘n half uur , of tot die Varktjops lekker sag is.

Wanneer jy dit uit die oond haal, laat staan dit vir so 10 minute, dan gaan lê al die vet wat uit die Varktjops gebak het, bo-op, en kan dit maklik afgeskep word om net die lekker sousie oor te laat.
Vertoon Drukbare Weergawe

Gebakte tong met soetsuur mosterdsous



1 beestong (gepekel)
3 kruienaeltjies
15ml bruinsuiker
125ml witsuiker
30ml kookolie
30ml koekmeelblom
3ml sout
60ml mosterdpoeier
5ml peperkorrels
250ml kookwater
12.5ml wit asyn
12.5ml mayonnaise
sap van een suurlemoen
broodkrummels

Rol tong op en bind met tou vas.
Kook sag in baie kookwater waarby naeltjies, bruinsuiker en peperkorrels gevoeg is.
Plaas tong op bord wanneer dit sag is en trek die velle af.
Laat dit afkoel en plaas in koelkas om goed koud te word voordat dit in skywe gesny word.

Meng witsuiker, koekmeelblom, mosterd, sout en water in bak. Roer mayonnaise en suurlemoensap by.

Pak helfte van tongskywe in vuurvaste bak en skep helfte van die sous oor.
Pak res van tong bo-oor en dan die oorblywende sous.
Sprinkel broodkrummels oor en bak vir 30 minute teen 180 grade C.
Forum Topic Last Post

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

GOOGLE IN AFRIKAANS

WAT MAAK ONS HIER?

LEKKER KOS!

AFRIKAANSE MAATS!

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 9

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No recent new links

MEDIA GALLERY Last 7 Days

No new media items

RESEPTEBOEKE

Bestel jou Afrikaanse Resepteboeke hier! Klik op 'n Boek om te bestel



Cass Abrahams kook Kaap-Maleis

Maklike maaltye vir babas en kleuters

Smul Sonder Sukkel

Kook 'n Storm Los

Sarie 5

Huisgenoot Top 500 Wenresepte

Die 4x4 Safari kookboek

Klein Kook en Geniet

Kook met Blikkies en Pakkies

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek

Potjiekos Wenners

Kook en Geniet

FOTOS

Fotos verskaf deur MediaClubSouthAfrica.com
FreeFoto.com