Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 09:19 NM CDT

 Forum Index > EK SOEK.... > Ek soek na 'n resep New Topic Post Reply
 Tarentaal
 |  Printable Version
by Kiki-kee (offline) on Junie 30 2010 02:46 VM (Read 550 times)  
Kiki-kee

Kan iemand my help met 'n resep vir tarentaal, enige iets behalwe potjiekos?


Forum Newbie
Newbie

Status: offline

Registered: 06/30/10
Posts: 2

Profile Email
  Quote
 
by Lizahn (offline) on Julie 01 2010 16:29 NM  
Lizahn

Maak die tarentaal skoon en laat dit vir ’n week in Griekse jogurt marineer.
6 porsies

* 1 tarentaal
* 1 houer (800 g) Griekse jogurt
* 4 lourierblare
* 5 ml gemengde speserye
* 2,5 ml kaneel
* 2,5 ml neutmuskaat
* 2,5 ml naeltjies
* 7 peperkorrels
* 2 uie, fyngekap
* 250 g sampioene
* 1 hoender-aftrekselblokkie
* 125 ml room
* 125 ml melk
* 1 pakkie beesstert- soppoeier
* 1 houer/boks (500 g) fillodeeg
* kweperkonfyt, om voor te sit

Kook gemarineerde tarentaal, lourierblare en alle speserye stadig in water in ’n groot kastrol vir sowat 5 uur. Hou dop sodat dit nie droogkook nie. Laat afkoel, ontbeen en sny tarentaal op in stukke. Verwyder peperkorrels. Braai uie tot glaserig, voeg sampioene by en braai tot bruin. Voeg tarentaal en aangemaakte hoender-aftreksel by en kook tot vleis uitmekaar val. Meng room, melk en soppoeier by en kook tot droog. Laat afkoel. Maak fillodeeg-pakkies met die vleismengsel in en verkoel in die yskas vir sowat 2 ure. Verhit oond tot 200 °C. Bak afgekoelde pakkies vir sowat 20 minute. Maak kwepersous van kweperkonfyt en water – verhit dit saam. Gooi onder-in ’n opskepbak en plaas fillopakkies bo-op om voor te sit. Jy kan kweperskywe rondom pak vir die mooi as jy dit het.

of

Gestoofde tarentaal (Bedien 3-4 mense)

Hierdie dis is gemaak tydens ons negentiende-eeuse-onthaal in ‘n verepaleis in Oudtshoorn. Die idée was om ‘n dis te maak wat gewild was gedurende die tyd van oorvloed geld in die volstruisdorp.

1 tarentaal, in porsies gesny
sout en peper, na smaak
½ k meel
250g botter
4 naeltjies
4 wonderpeperkorrels
2 lourierblare
1 e gemaalde koljander
2 e blatjang
‘n handvol rosyntjies
1 k hoenderaftreksel
½ k rooiwyn
2 heel wortels
knippie gerasperde neutmuskaat

Strooi die tarentaalporsies met sout en peper en rol in die meel. Verhit die botter in ‘n pot en braai tot bruin. Voeg die naeltjies, wonderpeperkorrels, lourierblare, koljander, blatjang, rosyntjies, hoenderaftreksel, rooiwyn en heel wortels by. Sit die deksel op en laat stadig stowe tot sag (3 – 4 ure). Voeg dan die gerasperde neutmuskaat by. Bedien saam met gebakte kwepers*, stysel en groente van jou keuse.
*Gebakte kwepers

6 kwepers, skoon geskrop, gehalveer en ontpit
Week in water met ‘n bietjie suurlemoen terwyl sous gemaak word

Kook saam:

750 ml rooi jerepigo of muskadel
300 ml water
500 g suiker
1 kaneelstokkie
2 lourierblare
2 heel naeltjies

Plaas kwepers op ‘n bakplaat. Bedek met sous en maak toe met foelie. Bak ongeveer 2 uur teen 160 ˚C of tot sag. Bak laaste halfuur onbedek.

Maak toe wanneer dit afkoel om die kleur te behou.


Groete Lizahn


Forum Newbie
Newbie

Status: offline

Registered: 06/10/10
Posts: 10

Profile Email
  Quote
 
by Kiki-kee (offline) on Julie 02 2010 00:41 VM  
Kiki-kee

Baie dankie!!! Ek sal een van die resepte hopelik volgende week probeer...
Groete


Forum Newbie
Newbie

Status: offline

Registered: 06/30/10
Posts: 2

Profile Email
  Quote
 
by HOBBIT (offline) on Julie 19 2010 08:24 VM  
HOBBIT

Hallo

die resep wat ek het is ook baie baie lekker alhoewel jy net sie borsies gebruik.

jy gebruik:

4 bordies
"sweet chillie" sous
Knoffel
Olyf olie
Pynappel

1. Laat lê die borsies vir 5 ure in baie sterk sout water.
2. Speol dit af na 5 ure
3. Verhit jou braai pan en gooi olie daar in
4. Kap die knoffel fyn enige hoeveelheid en gooi in pan
5. Sit in jou borsies wat in repies gesny is ook in die pan
6. Braai tot bruin.( baie belangrik draai net 1 keer om )
7. Gooi sweet chilli sous oor en ook pynappel.
8. simmer vir so 5 min
9. Dit gaan lekker saam basmatie rys

Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud Laughing Out Loud
geniet
groet Razz Razz Razz Razz Razz Razz Razz


Forum Newbie
Newbie

Status: offline

Registered: 07/19/10
Posts: 1

Profile Email
  Quote
 
Content generated in: 0.05 seconds
New Topic Post Reply



 All times are CDT. The time is now 09:19 NM.
Normal Topic Normal Topic
Locked Topic Locked Topic
Sticky Topic Sticky Topic
New Post New Post
Sticky Topic W/ New Post Sticky Topic W/ New Post
Locked Topic W/ New Post Locked Topic W/ New Post
View Anonymous Posts 
Able to post 
Filtered HTML Allowed 
Censored Content 

Resepte Boeke

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun