BOEREKOS RESEPTE http://www.boerekos.com LEKKER BOEREKOS RESEPTE IN AFRIKAANS GESKRYF! jvr@posbus.com jvr@posbus.com Copyright 2010 Boerekos.com glFusion Tue, 13 Jul 2010 05:43:16 -0500 afrikaans_utf-8 http://www.boerekos.comhttp://www.boerekos.com/layout/professional/images/logo.png BOEREKOS RESEPTE http://www.boerekos.com Pa se boek http://www.boerekos.com/article.php/20100708014237607 http://www.boerekos.com/article.php/20100708014237607 Thu, 08 Jul 2010 01:42:37 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100708014237607#comments ALLERLEI <img width="130" height="95" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100708014237607_1.jpeg" alt="" />INHOUDSOPGAWE: BRAAIVLEIS 2Biermarinade 4BraaisousBraaivleis marinadePynappel marinadeWynmarinadePoetoepap 5StywepapFeespapAsbroodMaklike roosterkoekBiltong, kaas en uiepotbrood 6MieliebroodBraaivleisbroodjie 7MieliepaptertMopaniewurmsPynappel oor die koleAartappels vir braaivleis 8Warm patats in foelieVarkribbetjie oor die kole 9DuiwelsribTjops met heuning en blatjangBraaitjopsLamstjops met kruieknoffelbottersous 10Lemoen en gemmer varktjopsGepekelde varktjops met heuning en mosterdAnyssaad biefstukBiefstuk in biermarinade 12Cowboy beesvleisskyweGevlekte vis met rooi marinadeVis in piesangblareGeroosterde snoek 13Peri-Peri plathoendertjieGeroosterde piepkuikensBetty se sosaties 14Varkvleis sosatiesKebabs met peppadewsPOTJIEKOS 15Potjie marinade 16BeesstertpotjieGeurige beesskenkelpotjieMaalvleispotjie uit die boonste rakke 17MosselpotSkaapafvalpotjieTamatie lamsvleis met kluitjies 18Hoender Noedel potjieRooi potjie vir pa 19Hoender, Biltong en Spekpotjie BRAAIVLEIS:Kos wat in die buitelug gaargemaak word, hou 'n wonderlike bekoring in, en die tergende geur van vleis wat op die kole sis maak 'n mens rasend honger. Dit is seker een van Suid-Afrikaanse se nasionale tydverdryfte. Dit is wonderlik hoe dikwels mense met bitter min ervaring aan kookkuns dit regkry om die heerlikste kos oor die kole gaar te maak. Daar is geen formaliteite by 'n braaivleisvuur nie. 'n Braai is wat jy self daarvan maak. Braaivleis bly ewe lekker, of dit nou by 'n swierige braaiplek, jou eie lapa, in die tuin of op 'n eenvoudige braaitoestelletjie berei word. Wat is nou geselliger as die sorgelose saamkuier om 'n braaivleisvuur? Niks klop immers daardie besonderse rooksmakie van kos wat oor die kole gaargemaak is nie. BRAAI WENKESo maak mens jou braai beter as die buurman s'n: BEESHAAS (STEAK) Moet nie gevriesde steak ontdooi nie. Plaas dit net so op die vlamme en sout eers wanneer dit amper klaar is. BOEREWORS Ryg boerewors deur 'n sosatiestok met uie tussen in. Braai die wors oor die koeler deel van jou vuur / kole. So laat jy dit stadiger kook. Moet nie die vel prik dat die vet uitkook nie. Die wors moet juis gaar kook in die vet om sodoende die smaak te behou. Draai die wors om sodra jy kan sien die vet kook aan die binnekant. Moet nooit meer as tien minute aan 'n kant braai nie. Doop wors in water voor jy dit braai. Dit verhoed dat die wors maklik oopbraai terwyl dit gebraai word.FILET Laat 'n filet vir 'n paar uur in Cola Cola marineer voor jy dit braai. Braai dit oor vlamme en sorg net dat die kante seël. GROENTE Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai. HOENDER Kook hoender in Coke voor jy dit braai of 20 minute in water. Dit maak dit sag en smaakvol. KRUIE Gooi jou gunsteling kruie op die vuur vir 'n aangename reuk. KRUISSTUK (RUMP) Marineer jou kruisstuk (Rump) oornag in sonneblomolie en worcestersous voor jy dit vinnig weerskante seël en dan verder braai soos jy dit verkies. LAM Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai. MIELIES Maak 'n pasta van gemmer, rissie, olyfolie, heuning en sesamesaad en smeer oor mielies. PIESANG Braai piesang in die skil. Haal af sodra die skil begin swart word en sit voor met room. PIESANGBLARE Was 'n piesangblaar en vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai, ± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer, suurlemoensap en olyfolie op die vis. ROOSTER Indien jou vleis vassit op jou rooster, maak dit skoon met jou draadborsel terwyl dit nog warm is en smeer ui daaroor. SUURLEMOENSAPDruk vars suurlemoensap oor hoender, groente, vis of lam net voor dit van die kole afkom vir 'n pikante smaak. TJOPSSprinkel suurlemoensap oor jou tjops voor jy dit braai. Dit maak dit sag. Laat jou tjops oornag in Coke lê. Die vleis is dan sag en smaakvol wanneer jy dit braai. Moet nie tjops sout voor jy dit braai nie. Dit maak dit taai. KLAAR GEBRAAIDE VLEIS Plaas die vleis wat reeds gebraai is op 'n bed gebraaide uie. Dit verhoed dat die vleis uitdroog en dit gee die vleis ekstra geur. VLAMME Sit ys op die vleis indien die vlamme te hoog brand. Plaas 'n koeldrankblikkie of bierblikkie ¾ gevul met water in die middel van jou kole. Dit verhoed dat vlamme, veroorsaak deur druppende vet, buite beheer raak. VUURAANSTEKERS 'n Alternatief tot vuuraanstekers is 'n die onderste helfte van 'n eierdoos gevul met ou kookolie. Plaas dit plat neer en bou jou vuur daarop. SLEGS WARE MANNE BRAAI VLEISVleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.Wanneer 'n man besluit om te braai, ontstaan die volgende ketting-reaksie.:1) Die vrou gaan koop die vleis en by-kossies.2) Die vrou maak die slaai, pap en sous. 3) Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die braaier met 'n dop in sy hand staan.4) Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER5) Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry. 6) Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die situasie onder beheer bring. 7) Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT VIR DIE VROU AAN.8) Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.9) Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.10) Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging.Later vra die man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige vrouens tevrede sal stel nie!BIERMARINADE175ml bier 100ml olie1 ui, in ringe gesny 1 takkie pietersielie1 lourierblaar 6 peperkorrels1 gekneusde knoffelhuisie 30ml suurlemoensap30ml suurlemoenskil, gerasperMeng alles saam.BRAAISOUS1 ui, in ringe gesny 1 knoffelhuisie, gekneus10ml olie 200ml tamatiesous150ml water 75ml bruinsuiker30ml Worcester-sous 5ml sout10ml mosterdSoteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute. Heerlik saam met oor die kole gebraaide hamburgerkoekies.BRAAIVLEISMARINADE200ml vleisaftreksel 100ml olie1 ui, in ringe gesny 1 takkie pietersielie1 lourierblaar 6 peperkorrels1 gekneusde knoffelhuisieMeng alles saam.PYNAPPELMARINADE200ml pynappelsap 100ml olie1 ui, in ringe gesny 1 takkie pietersielie1 lourierblaar 6 peperkorrels1 gekneusde knoffelhuisie 15ml gemmerwortel, gekap5ml fyn gemmerMeng alles saam.WYNMARINADE200ml rooiwyn 100ml olie1 ui, in ringe gesny 1 takkie pietersielie1 lourierblaar 6 peperkorrels1 gekneusde knoffelhuisieMeng alles saam.WAT IS `N PA? Deur die oë van 'n kindPa's werk baie hart en het baie papier gelt. Pa's hou baie van teevee kyk op Saterdag. Pa's wil slaap op Sondag. Pa's maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas. Pa's het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie. Pa's lees as hille kamer verlaat. Pa's hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra. Pa's gee hart pak as ma so sê. Pa's gaan op vikansie en vat ma's en kinners altyt saam. Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol hare as hule slaap. Pa's werk altyt as kinners iets wil doen, en het baie werk vir kinners. Ma's het ook baie werk vir pa's. Pa's is kwaai maar hille is bang vir ma's. POETOE PAP2 koppies water knippie sout3-4 koppies mieliemeel Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.Verlaag hitte tot normaal. Sit deksel op. Roer na 3-4 minute met die agterkant van 'n houtlepel sodat krummels in die pap vorm. Sit weer deksel op. Roer weer 1 of 2 keer goed deur. Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir 'n laaste keer deur. Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is. Bedien saam met braaivleis, met "sheba" oftewel tamatie en uiesmoor.STYWE PAP 4 koppies 5ml sout 500ml TRADISIONELE BRAAIPAP Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml koue water by pap. Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.FEESPAP750ml mieliemeel 6 koppies water1½ teelepel sout 1 bottel biltongsmeerkaas250ml room 1 blikkie geroomde sampioene250g ontbytspek 2 uiegerasperde kaasStel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.ASBROOD750ml bruisbroodmeel 25ml witbroodmeel10ml bakpoeier 2.5ml sout500ml karringmelkMeng droë bestanddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (±3cm dik) op 'n groot stuk aluminium foelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute. MAKLIKE ROOSTERKOEK500g bruismeel 340ml bier 5ml sout olyfolieMeng die bestanddele deeglik en knie. Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om. VARIASIE:Voeg 5ml gekapte knoffel, 125 ml gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.HET JY GEWEET?Die rekord vir die meeste Olimpiese Medaljes wat ooit gewen was, word deur Sowjet gimnas Larissa S. Latynina gehou. Tussen 1956 en 1964 het sy in drie Olympiese Spele deelgeneem en 18 medaljes gewen. 9 goud, 5 silwer en 4 brons. Sodoende top sy ook die lys van goud medalje wenners wat Olympiese sterre soos VS swemmer Merk Spitz en Finland langafstand atleet Paavo Nurmi gewen het.BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD 500g bruismeel 1 bier 1½ koppies gerasperde Cheddarkaas 250ml fyn (nat!) biltong 125ml fyn, bruingebraaide uie Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas Bak tot gaar. Toets met 'n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt VARIASIES: (Sonder die biltong en uie)• 'n Pakkie droë, bruin uiesop.• 'n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos.• Neute en rosyne.• Spek (brosgebraai en gekrummel)• Olywe, kappers en ansjovis• Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse. MIELIEBROOD150ml mieliemeel 550 ml koekmeel25ml bakpoeier 15ml suiker2ml sout 450ml melk80ml olie 3 eiers410g blik mieliepitte, gedreineerVoorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.HET JY GEWEET?Die eerste faksproses was in 1843 gepatenteer deur Alexander Bain, maar faksmasjiene is eers in 1964 in gebruik geneem. In 1888 het Frank Sprague 'n elektriese spoorweg voltooi, maar elektriese lokomotiewe is eers in 1895 bekendgestel. In 1911 het Eugene Ely 'n vliegtuig op 'n boot geland, maar vliegdekskepe is eers 20 jaar later vervolmaak.BRAAIVLEIS BROODJIE500ml fyn gerasperde wortels 425ml kookwater30ml olie 15ml heuning500ml mieliemeel 2ml rooipeper5ml sout 4 ekstra groot eiers, geskeiVoorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit. Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning. Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel. Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.MIELIEPAPTERTABSOLUUT HEERLIK!!!!4x250ml gewone of kitsmieliemeel 5ml soutknypie rooipeper sowat 2 liter water125ml gekapte grondbone 250g spek (fyn gesny en gebraai)250g sampioene (fyngesny en in spek-vet gebraai 250ml Cheddarkaas (gerasper) 50ml suur room of gewone jogurt sout en peper na smaakMeng mieliemeel, sout, rooipeper en water en kook tot 'n slap pap. Strooi grondbone in 'n gesmeerde oondskottel en skep 'n lagie pap bo-oor. Meng res van die bestanddele en skep beurtelings met pap in lae in skottel- 2 lae spekmengsel en 2 lae pap. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak sowat 1 uur by 180C.MOPANIEWURMSMOPANIEWURMS WORD AS ‘N KONINGSDIS BESKOU. gedroogde mopaniewurms tamaties (gesny)uie (gekap) botterrooirissiesous (na smaak) sout, peper en knoffelsout na smaak Week mopaniewurms in water tot sag. Braai uie in botter. Voeg res van bestanddele by en prut oor lae hitte tot sag. Bedien met putu pap en 'n glasie yskoue mampoer.PYNAPPEL OOR DIE KOLEHeerlik en maklik.2 pynappels 125ml bruin suiker75ml botter of margarien 125ml soet wit wyn5ml kaneelSkil pynappels af en sny in stukke. Rol die stukke in die suiker en deel dit in 4 porsies op. Plaas elke porsie in aluminium foelie (blink kant binne), en sprinkel bietjie botter op. Gooi die wyn en die kaneel oor. Maak mooi toe en braai vir omtrent 10-15 minute oor medium hitte koleMY MANJy is my man.Ek het jou van.Verder weet ek nie wat om te sê.Miskien net dat jy my altyd lief moet hê.My lewe is leeg sonder jou,daarom bly ek aan jou getrou.Ek word dan weer beloondeur die liefde wat jy aan my betoon.My man die pa van my kinders.AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS1kg baba-aartappeltjies, skoon afgewas 25ml olie1 groot ui, gehalveer, geskil en fyn gekap 2 knoffelhuisies, gekneus, fyngemaak25ml matige kerriepoeier 5ml borrie1 brandrissie, ontpit en gekap 3 suurlemoen of lourierblare15ml fyngekapte, vars gemmerwortel 30ml goue stroop125ml wynasyn 125ml aftrekselAFRONDING:100ml grofgekapte koljanderblare(opsioneel)Skep die aartappeltjies in ‘n kastrol, bedek met kraanwater, geur met sout, verhit tot kookpunt en kook vir 10 minute. Bedek en laat 5 minute staan. Verhit intussen die olie in ‘n groot kastrol en voeg die uie en knoffel by. Roerbraai vir 2-3 minute. Strooi die kerriepoeier, borrie, brandrissie, suurlemoenblare en gemmer oor. Voeg die gouestroop, asyn en aftreksel by. Verhit tot kookpunt en prut vir 2 minute. Dreineer die aartappeltjies en skep in kastrol met die sous. Strooi die koljanderblare oor en sit voor met braaivleis.WARM PATATS IN FOELIE een medium patat per persoon foeliebotter growwe peper / peperkorrelsgrowwe sout / soutkorrels extra virgin olyfolieeen suurlemoen ‘n paar takkies vars tiemieWas die patats skoon en droog af (hou die vel aan). Neem ‘n vurk en steek so ‘n paar gate in die patats reg rondom. Plaas die patats elkeen op ‘n stuk foelie (blink kant na binne). Drup so klein bietjie olyfolie op elke patat, en smeer so bietjie botter op elkeen. Sny die suurlemoen in die helfte en druk ‘n klein bietjie sap op elke patat. Meng die sout en peperkorrels en maal dit fyn strooi op die patats. Plaas een takkie vars tiemie saam met die patat op die foelie. Draai die patats goed toe in die foelie moenie dat die tiemie uitval nie, want dit bring so ‘n lekker geurtjie en smakie daarby.GAARMAAKJy het twee keuses. Jy kan die patats of op ‘n rooster op die vlamme sit, of dit reg langs die vuur/kole sit. Baie mense verwoes patats of selfs aartappels in foelie, as hulle dit onder by die vuur of kole sit, want hulle laat die vel brand en dan is dit glad nie lekker nie.My keuse is om die patats in foelie op ‘n rooster bo op die vlamme te sit so aan die buitekant van die rooster. Draai gereeld om met ‘n goeie braaitang. Op hierdie manier reguleer jy die hitte beter. Jou kole sal redelik gou reg wees en op die manier kan jy 'n stuk wors dan ook bo op die rooster sit, met die patats wat al amper gaar is aan die buitekant van die rooster sodoende bly die patats warm en as jou wors gaar is, dan is jou patats ook al klaar gaar en nog steeds warm gehou. As jy die patats reg gaargemaak het, sal die vel ongeskonde wees en jou patat deurgaar en lekker sag, geurig en smaaklik.'n GIGGEL OF TWEE OOR PA SE REËLS VIR DIE OU WAT SY DOGTER UITNEEM: • As jy voor my hek toeter blaas, beter jy iets kom aflewer. Jy kom seker niemand oplaai nie. • Kyk my dogter in die oë as jy met haar praat. Moet nooit êrens anders kyk nie. • As jou broek te eniger tyd lyk of hy los is, sal ek met 'n paar spykers sorg dat hy bly waar hy moet wees. • Ek lyk nie gemeen nie. Ek is gemeen. • Moenie met my oor politiek of sport of die weer praat nie. Al wat ek wil hoor is hoe laat jy my dogter terugbring. Al woord wat ek verstaan is "vroeg". • Moenie rondtrippel as jy vir my dogter wag nie. Sy vat lank. Maak jouself handig en was die kar. • As jy my dogter laat huil, laat ek jou huil. • Flieks met ouderdomsbeperkings is uit. Walt disney is aanvaarbaar. 'n Besoek aan haar ouma is beter. • Moenie vir my lieg nie, ek gaan jou uitvang. Moenie gerus wees omdat ek 'n ouderling is nie, ek doen dit net om my vrou gelukkig te hou. VARKRIBBETJIE OOR KOLE2kg varkkortribbetjies ("spare ribs") in porsies gesaag sout en varsgemaalde swartpeper na smaak MARINADE:2 uie, gekap 3 knoffelhuisies, fyngedruk 500ml rooibostee 250ml kookolie 250ml tamatiesous 250ml blatjang 75ml Worcestersous 125ml wynasyn of asyn 10ml aangemaakte mosterd Meng die marinadebestanddele in 'n kastrol. Verhit tot kookpunt en prut 'n paar minute lank. Laat afkoel. Giet die koue marinade oor die ribbetjies en marineer oornag in die yskas. Verwyder die ribbetjie uit die marinade en druk droog met kombuispapier. Rooster ribbetjie 20-25 minute lank oor matige kole. Geur met sout en peper.DUIWELSRIBVarkribbetjies 1 eetlepel marmite5 eetlepels suiker 1 eetlepel mielieblom2 eetlepels asyn 2 teelepels gemaalde gemmer1 huisie gekapte knoffel Kook ribbetjies stadig in 'n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan word. Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante. Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin. Rooster oor warm kole vir 8-10 minute. Bestryk weer met marinade en draai vleis om. Rooster vir die dieselfde tydperk en bedien wanneer gaar. Dit kan warm of koud bedien word. Die oorblywende sous word ook bedien. Stukkies vleis kan daarin gedoop word soos 'n doopsous. TJOPS MET HEUNING EN BLATJANG8 lamslendetjops, 20mm dikBEDRUIPSOUS:80ml vrugteblatjang 45ml heuning10ml vars gekapte pietersielie 5ml vars gekapte of 2ml droë roosmaryn5ml mosterdpoeier 2ml kerriepoeiersout en varsgemaalde swartpeper na smaakMeng al die bestanddele vir die bedruipsous.Braai tjops 15-20 minute oor matige kole tot gaar en goudbruin, keer teen die einde van die gaarmaaktyd dikwels om en bedruip met sous. Sit dadelik voor.BRAAITJOPS25ml kookolie 2 groot uie, in skywe gesny25ml bruinsuiker 3 lourierblare12.5ml kerriepoeier 60ml asyn2.5ml gerasperde lemoenskil 37.5ml fyn appelkooskonfyt190ml water 10ml sout8 peperkorrels 1kg skaapribtjopsVerhit die olie in die pan. Soteer die ui daarin. Voeg alles behalwe die vleis by en kook 15 minute lank. Laat afkoel. Pak die vleis in ‘n bak en gooi die afgekoelde sous oor die vleis. Marineer oornag. Rooster die vleis oor die kole. Kook die marinadesous nog 10 minute lank en gooi oor die vleis.HET JY GEWEET?Die (VS) Groot Liga Bofbal spanne gebruik omtrent 850 000 balle per seisoen. Elk van daardie balle het presies 108 steke. 'n Krieketbal het tussen 65 en 70 steke. 'n Sokkerbal is opgemaak uit 32 leer panele wat saamgehou word deur 642 steke, alle steke worg met die hand gedoen. Basketbal en rugby balle word gemaak van sinteties materiaal. Vroeër hierdie eeu, was die blaas van 'n vark as 'n rugbybal gebruik.LAMSTJOPS MET KRUIE KNOFFELBOTTERSOUSKRUIEBOTTERSOUS:250g sagte botter 2 knoffelhuisies (gekneus)15ml gemengde droë kruie 30ml suurlemoensapVLEIS:45ml olyf olie 20ml suurlemoensapsout en vars gemaalde swartpeper na smaak 12 lamslendetjopsPlaas botter, knoffel, kruie en sap in 'n voedselverwerker. Meng goed. Skep bottermengsel op bak of botter papier van sowat 25cm in lengte en 4cm in breedte. Rol op sodat 'n rol vorm en plaas in vrieskas of yskas tot gereed vir gebruik.VLEIS:Meng olyfolie, sap, sout en peper in bakkie en verf mengsel oor die tjops. Rooster tjops op kole na gelang van smaak van gaarheid. Verhit kruiebottersous stadig tot warm maak nie kokend nie. Gooi oor tjops net voor opdiening.LEMOEN EN GEMMER VARKTJOPS2 lemoene , skil gerasper en sap uitgedruk 5ml fyn gemmersout en peper 4 varktjops10ml fyn gekapte pietersielieMeng lemoenskil, gemmer, sout en peper en vryf oor die tjops. Voeg lemoensap en pietersielie by. Braai tjops op kole en smeer elke nou en dan met lemoenmengsel. Draai gereeld om en strooi pietersielie oor sodra dit van die kole af kom.GEPEKELDE VARKTJOPS MET HEUNING EN MOSTERD PEKELMENGSEL: 340ml bottel swartbier (stout) 500ml koue water 62.5ml growwesout 80ml bruinsuiker 250ml fyn ys 6 mooi varklendetjops, 2-2½ cm dik 62.5ml olyfolie 1 groot toeritsplastieksak HEUNING-EN-MOSTERD-SOUS: 125ml goeie plaasheuning 62.5ml Franse korrelmosterd 62.5ml sterk hoenderaftreksel 15ml suurlemoensap Meng alle bestanddele vir sous goed saam en hou eenkant.Plaas die varklendetjops in die plastieksak. Gooi die pekelmengsel oor en rits toe. Laat staan oornag in die yskas. Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie. Braai tot halfgaar en begin dan die varktjops te verf met die heuning en mosterdsous. Draai af en toe om tot gaar. Voeg orige olyfolie by sous. Verhit en gooi oor die gaar varklendetjops.ANYSSAAD BIEFSTUK4 kruiskyf of T-been skywe 90ml suurlemoensous60ml olie 30ml sojasous2 groot knoffelhuisies, fyngedruk 10ml anyssaad, fyn gedrukMeng al die bestanddele vir die sous. Pak die biefstuk in ‘n plat bak en giet die sous bo-oor. Laat staan vir 30 minute. Rooster die biefstuk oor matige kole of in ‘n verhitte gietyster riffelpan op die stoofplaat soos verkies. Bedien 4 persone.1 KORINTHIËRS 13 VIR PA'SAl sou ek in die mooiste huis bly en die duurste BMW ry en my vrou en kinders geniet nie my teenwoordigheid nie, dan is ek soos 'n bankrekening met 'n nul balans.Al het ek die gawe van woorde en skares luister na my en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, dan doen ek meer kwaad as goed.Al ken ek al die geheime van beleggings en besit al die kennis van rugby en krieket reëls en al het ek die geloof om die land met gebed te verower, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer of langs die baan te staan as hulle speel of om hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.Al gee ek dubbele tiendes vir die armes en dien ek op alle liefdadigheidsrade, doen sendingwerk in 'n malaria-gebied en ek is te moeg om vir my kinders te lees en naweke in die veld te stap, baat dit my niks.'n Pa wat lief het, is geduldig met kinders wat sukkel met wiskunde. 'n Pa se liefde is vriendelik met 'n kind wat nie presteer nie, hy is nie afgunstig op pa's wat slimmer of mooier kinders het nie, en is nie verwaand oor sy kind se prestasies nie.'n Pa wat sy kind lief het hou nie boek oor hulle foute nie, is nie nukkerig as 'n kind ekstra aandag soek nie. Hy is verheug as hy sy kind die waarheid hoor praat, al is dit tot hulle nadeel.Daarom wil ek my kinders se skandes met liefde bedek. In hulle glo die beste vir hulle hoop hulle kleredrag, klaery en kritiek verdra.'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart, maar 'n preek sal oormore vergeet wees.Ek wil graag my kinders met liefde en geloof grootmaak, maar nou kyk ek nog vas teen rebelse tienergesigte, maar eendag as hulle groot is, sal hulle verstaan wat ons hulle wou leer en wat God ons almal leer.BIEFSTUK IN BIERMARINADE6 biefstukke (kruisskyf of T-been) 80ml bruinsuiker1 suurlemoen(skil gerasper, sap uitgedruk) 340ml bier1ui (fyn gekap) 5ml mosterdpoeiersout en vars gemaalde swartpeper na smaakPlaas biefstukke in enkellaag in marineringsbak. Verhit bruinsuiker, bier, ui en mosterdpoeier, suurlemoenskil en sap, saam tot kookpunt. Verminder hitte en laat vir sowat 10 minute, onbedek, prut. Laat heeltemal afkoel. Giet marinade bo-oor biefstukke en marineer vir sowat 2 uur of oornag. Draai vleis 1-2 keer om. Verwyder uit marinade, geur met sout en peper. Rooster tot verlangde graad van gaarheid.Lewer 6 porsies.COWBOY – BEESVLEISSKYWE6 kruisskywe, elk 2,5 cm dik gesny 12.5ml koekmeelblom25ml sojasous 340ml bier50ml rissiesous 12.5ml aangemaakte mosterd2ml Tabascosous 1 middelslag ui, gekap2 knoffelhuisies, geskap 2 selderystingels, gekap5ml sout 2ml peperSny kepies in vetrande van vleisskywe. Meng alle bestanddele behalwe sout en peper en laat ‘n halfuur lank prut. Verf sous oor vleis terwyl dit tot die verlangde graad van gaarheid gerooster word. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.GEVLEKTE VIS MET ROOI MARINADE Marineer die vis die vorige dag. 1 heel vis, sowat 1-2 kg (engelvis, kabeljou of geelbek) gegeurde seesout vars gemaalde swartpeper ROOI MARINADE: gegeurde seesout 7.5ml rooipeper 15ml paprika 7.5ml vars gemaalde swartpeper 1 brandrissie, fyn gekerf met pitte 6 knoffelhuisies, gekneus 125ml olyf- of kanola-olie Meng al die marinadebestanddele om 'n olierige pasta te vorm. Maak dit vooraf sodat die geure kan ontwikkel. Vlek die vis aan die rugkant oop soos 'n skoenlapper, verwyder die ruggraat, maar hou die vel, kop en stert aan as 'n groot rooster gebruik word. Kerf 'n diamantpatroon in die vel om te voorkom dat dit in die braaiproses opkrul. Geur die vis en laat staan in die yskas om ferm te word. Gebruik 'n smeerkwas om die vis aan albei kante mildelik met die marinade te verf. Klamp die vis in 'n rooster vas. Braai sowat 7-10 minute aan die vleiskant tot mooi bruin. Draai die vis om en braai sowat 7-10 minute aan die velkant tot deurgaar. Toets deur 'n vurk in die dikste deel te steek die vleis sal wit wees en net begin vlok. Sit voor saam met knoffelbrood en slaaie. VIS IN PIESANGBLARE1 groot vis of 'n paar kleintjies bv. roman piesangblaresuurlemoenwiggiesBOLAAG:3 knoffelhuisies, fyngedruk 1 rooi rissie, ontpit en gekap10ml sterk rissiesous 30ml olyfolie30ml vars of 10ml droë gemengde kruie 60ml vars suurlemoensapsout en varsgemaalde peper na smaakSny met 'n skerp mes aan albei kante 'n paar diep diagonale kepe in vel van vis. VIR BOLAAG:Meng al die bestanddele en smeer oor albei kante van die vis. Plaas vis op 'n groot stuk piesangblaar. Draai styf toe en steek met penne vas. Braai 20-25 minute, na gelang van die grootte van die vis, oor matige kole. Keer na die helfte van die gaarmaaktyd om. Sit voor met suurlemoenwiggies.GEROOSTERDE SNOEK1.5kg vars snoek olieBEDRUIPSOUS:250ml droë witwyn 1ml vars gemaalde swartpeper100ml fynappelkooskonfyt 3 knoffelhuisies, gekap20ml vars gekapte pietersielie 12.5ml Worcestersous12.5ml sojasous 30ml suurlemoensapMeng die bestanddele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 minuut lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sal die vis vassit. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie, en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20 minute stadig oor matige kole terwyl dit aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. Gebruik ‘n kwassie vir die doel.PERI-PERI-PLATHOENDERTJIE Koop 'n vars plaashoender, sny die rugstring uit en druk die karkas plat met jou oop hand. Plaas oornag in 'n appelpekelmengsel voordat dit op die braaivuur gaargemaak word. 1 groot plaashoender PEKELMENGSEL: 250ml vars appelsap 500ml koue water 62.5ml growwesout 80ml bruinsuiker 250ml fyn ys Meng die appelsap, water, sout en suiker in 'n groot beker. Plaas ysblokkies in 'n skoon afdroogdoek, bind op en slaan fyn. Meet 'n koppie vol en gooi by die res van die bestanddele. BRAAISOUS: 62.5ml olyfolie 200ml peri-peri-bedek-en-kook-sous 1 groot toeritsplastieksak Plaas die hoender in die plastieksak. Gooi die pekelmengsel oor en rits toe. Laat staan oornag in die yskas. Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie. Braai tot halfgaar en begin dan die hoender met die peri-peri-sous verf. Draai af en toe om tot gaar. Voeg orige olyfolie by sous. Verhit en gooi oor die gaar hoender. Heerlik saam met slaai en pietersielie-aartappeltjies. GEROOSTERDE PIEPKUIKENS2 piepkuikens, deur bors en ruggraat gehalveerSOUS:30ml tamatiesous 30ml vrugte blatjang20ml aangemaakte mosterd 10ml worcestersous5ml sojasousVerwyder die been van die ruggraat en sny 2-3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens. Meng sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die toeklap rooster, bedruip met sous en draai gereeld om. Rooster vir sowat 25-30 minute terwyl gereeld met sous bedruip word.HET JY GEWEET?Daar is omtrent een miljard fietse in die wêreld - twee maal soveel as motors. Ongeveer 400 miljoen fietse is in Sjina. Leonardo da Vinci het sketse gemaak van 'n ontwerp wat soos 'n fiets lyk, maar die eerste tipe fiets is deur die Fransman Comte De Sivrac in 1690 gebou. Dit het egter nie 'n stuurmeganisme of pedale gehad nie en het meer soos 'n pretperdjie gelyk. Die Skot Kirkpartrick Macmillan het pedale in 1840 ontwerp. Sy fiets word as die eerste ware fiets beskou en Mamillan word as die vader van die fiets geag. Die fiets soos ons dit vandag ken - met twee wiele van gelyke grootte - lyk steeds dieselfde as die fietse van die jaar 1900. Min het verander behalwe vir die materiaal waarvan fietse gemaak word. Die wêreldspoedrekord op 'n fiets word gehou deur Amerikaner John Howard. In 1985 het hy 'n spoed van 245,08 km/h (154 mph) bereik.BETTY SE SOSATIES500g -hoenderkebabs sout na smaak 12 droë appelkose, in sjerrie geweek vir 15 min. 5 appelringe, in kwarte gesny 8 spekvleisrepies 1 groot groen soetrissie 1 groot ui 8-12 sampioene Marinade: 150 ml kookolie 20ml aangemaakte mosterd 20ml Worcestersous 10ml Tobascosous 15ml sojasous 50ml brandewyn 10ml fyn klapper 10ml suurlemoensap 3ml suurlemoenpeper Klits al die bestanddele vir die marinade saam in 'n glas of erdehouer. Week die appelkose en appelringe vir 'n uur in net genoeg vloeistof om te bedek. Dreineer. Sny elke stukkie spek in die helfte en rol die kebabs daarmee toe. Sny ui in kwarte en breek in stukke. Verwyder die sampioene se stingels en gooi kookwater oor - dit sal die sampioene sag maak. Halveer die lourierblare en doop in kokende water tot sag. Ryg voorbereide bestanddele op sosatiestokkies en marineer vir 18-24 uur in koelkas. Dreineer en rooster oor matige kole tot vleis gaar is en spekrepies bros. Bedrup met marinade terwyl gebraai word. VARKVLEIS SOSATIES4 varkschnitzels of varkboud in blokkies gesny 250g droë appelkose440g pynappelstukkies 2 lemoene se sap30ml vrugte blatjang 15ml heel korrelmosterd10ml heuning 15ml vars of 10ml droë roosmarynsout en varsgemaalde swartpeperRyg die varkblokkies afwisselend met die droë appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ‘n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer – hoe lekkerder is dit.)KEBABS MET PEPPADEWS350g varkvleisblokkies(uit boud gesny), 25mm dik 1 medium soetrissie, ontpit, in 25mm blokkies gesny200g ingemaakte peppadews in stroop (sowat 18) 6 piekeluie, geskil en gehalveer BEDRUIPSOUS80ml stroop van ingemaakte peppadews 10ml heuningsout en varsgemaalde swartpeper na smaak 15ml ligte bruinsuikerRyg die varkvleis om die beurt met soetrissie, uie en peppadews op die penne. Meng al die bestanddele vir die bedruipsous. Braai kebabs 15-20 minute oor matige kole, keer gereeld om en bedruip met sous tot gaar.PAPPA, JY LAAT MY DINK AAN JESUSAs ek roep in die aand, omdat spoke plais dit jy pappa wat hulle verdryf.Raak ek aan die slaap, na 'n lang padis dit jy pappa wat my voete was.Huil ek oor 'n seerkryplek, vloei die trane sommer maklikeras jy pappa jou arms om my vou.Donkerwolke kom al nader, en verdwerg jou kinddis jy pappa wat bly baklei, tot die son weer skynDis jy pappa wat vertel van Jesusen wys wat hy gedoen het.Dinè van Wyk (21)POTJIEKOS:WAT IS POTJIEKOS?Potjiekos is 'n verwysing na 'n eg Suid-Afrikaanse kooktegniek wat 'n ysterpot as hoofkookinstrument gebruik. Die ysterpot is ook bekend in ander dele van die wêreld as 'n dutch-oven, en word ook ysterpot, swart pot of net potjie genoem. Die pot word gemaak uit gietyster en het 'n deksel. Daar is verskillende grotes wat begin by ¼ tot so groot as 25. Die pot kom ook met 'n ronde bodem met drie pote, of 'n plat bodem sonder pote.PROSES'n Tipiese potjiekos resep het een of ander vleis as die basis van die gereg en groente en sous wat saam gekook en bedien word. 'n Vuur word gewoonlik gemaak apart van die kookgebied. Soos wat daar kole vorm, word dit onder, en somtyds bo op die ysterpot gepak om die juiste temperatuur te kry. Dit kan enige iets van 2-8 ure vat om potjiekos te maak, afhangende van die soort vleis en ander bestandele wat gebruik word. Souse se droë bestandele betaan gewoonlik uit verskeie speserye, sout en peper, en selfs ook kerrie. Nat bestandele sluit in bier, wyn, room en net gewone water. Verskillende tegnieke word gebruik, maar die mees algemeenste is om die bestandele in lae te plaas, en glad nie te roer nie. Om te bedien word daar dan met 'n groot lepel in een skep van onder tot bo 'n bietjie van alles geskepKULTUURPotjiekoskompetisies is baie gewild in Suid-Afrika en Namibië onder die Afrikaners, maar ook in lande waar Suid-Afrikaners hervestig het oor die afgelope paar jaar soos Engeland, Australië en Nieu-Seeland. Potjiekos word in dieselfde asem as boerewors, biltong, droëwors, melktert, koeksisters en bobotie na verwys as eg tradisionele Afrikaanse geregte, en daarvoor word dit as 'n sosiale bond tussen Afrikaners gebruik reg oor die wêreld. Om iemand oor te nooi vir Potjiekos is soos om te sê dat die genooide persoon deel van jou vriende kring is, en jy graag saam wil kuier en gesels.WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN 'N POTMaak pot goed skoon na gebruik. Smeer die binnekant met vet. Indien daar roes binne is, skuur met growwe sout. Moet nooit te veel water in pot gooi nie. Gebruik liewers wyn of bier in plek van water indien jy vloeistof moet bygooi. Die potjie moet met jou gesels, want ´n stil pot kan of aanbrand of glad nie kook nie. Hou altyd die deksel op. Hou styselrige kosse weg van die boom of kante, want dit brand maklik aan. ´n Platboom pot moet altyd op stene gesit word. Braai uie eers en haal dan uit. Dit word weer bygegooi net voor opdiening. Moenie kos in pot kook nie dit moet stadig prut. Roer net deur voor opdiening nie voor dit nie, anders is dit nie meer 'n potjie nie maar 'n bredie. Die beste houtsoorte is: rooikrans, swar*censormode*tel en wingerdstompies. Sny aartappels altyg groot stukke of gebruik klein aartappeltjies. Pak ´n pot in die volgende volgorde: vleis, groentes, uie en dan stysels.VIR NUWE POTJIE:Voeg groente skille, stingels en blare in ´n pot vol water en kook ´n uur lank . Gooi uit en spoel deeglik skoon. Skuur met hout-as en spoel weer skoon. Maak pot baie warm en giet bottel asyn daarin en kook ´n ruk. Spoel goed skoon.HET JY GEWEET?Alhoewel Alexander Fleming in 1928 penisillien ontdek het, was dit eers in 1938 wat Howard Florey en Ernst Chain 'n manier gevind het om dit te produseer. Penisillien word eers in 1942 gedemonstreer.POTJIEMARINADELEKKER VIR POTJIE - BYVOORBEELD SKENKELS1 suurlemoen sap uitgedruk 200ml olie2 uie fyn gerasper 2 knoffeltoontjies, gekneus125ml vars pietersielie, gekap 1 takkie roosmaryn, blaartjies van takkie gestroop125ml koljander, vars en fyngekap-opsioneel 2.5ml borrie2.5ml paprika 2.5ml oreganumrissiepeper - opsioneelMeng alles saam en marineer vleis. Voeg net sout na smaak by.Oud Minister Pik Botha het die volgende gesê oor 'n pot:Potjiekos is nes 'n vrou. Daarom moet 'n mens baie geduldig wees en kry jy moeilikheid as jy die pot te warm maak. As hy te vinnig prut, trek jy jou stompies uit, en as hy te stadig prut, dan druk jy die stompies weer in. 'n Pot maak sy eie musiek en ritme het en dat jy dit moet leer ken. 'n Potjie vorm 'n middelpunt van vriendelikheid en aangenaamheidBEESSTERTPOTJIE2 beessterte opgesny 4 wortels in dik skywe gesny3 medium gekapte uie 1 blikkie botterboontjiessout 1 pakkie beesstertpoeier250ml beesboeljon 4 aartappels in dik skywe gesny250ml groenertjies 250g sampioene6 murgpampoentjies in skyfies 2 uie in skywe gesnyVerbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Daarna n laag botter-boontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, murgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ± ¾ uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone.GEURIGE BEESSKENKELPOTJIE'n No 3 pot word aanbeveel30ml kookolie 6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder 2 uie in skywe gesny1 knoffelhuisie, fyngedruk 350ml vleisaftreksel50ml tamatiepasta 2.5ml suikersout en varsgemaalde peper na smaak 10 geel vlapampoentjies6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny 100g mini suikerertjies100ml suurroom 30ml brandewynVerhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot 'n uur lank of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek die steel van 'n houtlepel versigtig op 'n paar plekke in die potjiekos en wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.HET JY GEWEET?Vyf mense word elke sekonde gebore terwyl 2 mense elke sekonde sterf, 'n wins van 3 mense. Teen hierdie groei, verdubbel die wêreldbevolking elke 40 jaar. In 40 jaar sal die wêreldbevolking 12 miljard wees, in 80 jaar 24 miljard en in 120 jaar 48 miljard. Kenners van die Verenigde Volke meen egter dat die wêreldbevolking in 120 jaar op 12 miljard sal stabiliseer. Hulle gee die rede as toename in effektiewe familie beplanning en onderwys. Ongeveer een helfte van die wêreldbevolking is jonger as 25MAALVLEISPOTJIE UIT DIE BOONSTE RAKKE 'n Diep no 3-platboompot word aanbeveel.20ml kookolie 300g gemaalde beesvleis200g gemaalde varkvleis 2 uie, gekap1 groen soetrissie, ontpit en gekap 250ml rou rys10ml matige kerriepoeier 3ml borrie1 pypkaneelstokkie 1 lourierblaar3 ryp tamaties, geskil en gekap 200g vars groenboontjies, gekerf250ml bevrore wortelblokkies 50ml vrugteblatjangsout en vars gemaalde peper na smaak 375ml hoenderaftrekselVerhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is. Voeg die rys, kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute. Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper. Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-45 minute oor baie stadige kole totdat die rys gaar is. Verwyder die lourierblaar en kaneelstokkie indien moontlik.MOSSELPOTHierdie geurige pot is klaar in 'n japtrap 60ml olyfolie 3 knoffelhuisies, fyngedruk3 stingeluie fyngesny 1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )250ml wit wyn 2 blikke 410g elk heel tamaties500ml hoenderaftreksel 900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g 90ml fyngekapte pietersielieTabascosous, sout en peperVerhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.SKAAP-AFVALPOTJIE2 klompe skaappens (goed skoongeskraap) water om in te kook250ml halfsoet wit wyn sap van ½ suurlemoensout en varsgemaalde swartpeper 1 skaapnek6 groot uie (gekap) 12 klein aartappeltjies25 ml matige sterk kerriepoeier 2ml rissiepoeier10ml donkerbruin suiker asyn om mee aan te maak250 g droëperskes 3 tamaties, ontvel en gekap30ml tamatiepasta Spoel pense goed af onder lopende koue water. Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is-ongeveer 3-4 uur. Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, en bene van skaapnek. Voeg uie, tamaties, en aartappels by inhoud en stowe vir nog 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier, tamatiepasta en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer een keer goed om en dien op. HET JY GEWEET?Die eerste eetplek wat ‘n restaurant genoem is, was die Champ d’Oisseau, Parys, Frankryk in 1765. Die bord het gelui: Venite ad me, omnes qui stomacho laboratis, et ego restaurabo vos (“ Kom na my toe almal wie se mae grom, en ek sal julle verkwik.”) TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE45ml olyfolie 1kg lamsnekskywe, 20mm diksout en varsgemaalde peper na smaak 3 uie, in skywe gesny2 knoffelhuisies, fyngedruk 4 tamaties, geskil en gekap5ml suiker 375ml vleisaftreksel3 groot aartappels, in kwarte gesnyPlaas 'n gietysterpot oor matige kole. Verhit die olie in die pot en braai die vleis goudbruin. Voeg geurmidels by. Voeg uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1½ uur. Voeg aartappels by, maak toe en prut vir 'n verdere 30 minute. Maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 minute. Sit dadelik voor.KRUIEKLUITJIES250ml bruismeel 5ml sout10ml botter 15ml vars of 5ml droë gemengde kruie1 eier geklits 60ml melkSif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis in pot. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 minute, terwyl die kluitjies kook nie.HOENDER-NOEDELPOTJIE Hierdie potjie is lekker vullend en benodig geen ekstra bykosse nie, behalwe as jy lus voel vir ’n mengelslaai. Dis genoeg vir 4-6 mense en ’n no. 2-pot word aanbeveel. 8 hoenderdye 30mlkookolie2 selderystingels, gekap . 2 tamaties, geskil en in skywe gesny.1 groen soetrissie, gesnipper . 250g heel knopiesampione250ml uiegras, gekap 15ml pietersielie, fyn gekap 10ml gedroogte gemengde kruie . 500ml rou skulpnoedels5ml vars gemaalde swartpeper . 3ml gedroogte roosmaryn250ml droë wit wyn . 250ml gerasperde Cheddar-kaassout en peper na smaakSprinkel die sout en peper oor die hoender. Verhit die olie in die pot en braai die hoender ’n paar stukke op ’n keer tot goudbruin. Pak die groente in lae op die vleis in die volgende volgorde: seldery, tamaties, soetrissie, sampioene en uiegras. Sprinkel die pietersielie en gemengde kruie bo-oor en voeg dan die noedels by. Sprinkel die peper en die roosmaryn oor en giet die wyn daaroor. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur. Strooi die kaas bo-oor en laat prut vir nog 20 minute. Bedien met ’n vars slaai van jou keuse. A FATHER MEANS...A Father means so many things...A understanding heart,A source of strength and of supportRight from the very start.A constant readiness to helpIn a kind and thoughtful way.With encouragement and forgivenessNo matter what comes your way.A special generosity and always affection, tooA Father means so many thingsWhen he's a man like you...ROOI POTJIE VIR PAGebruik 'n nommer 3 potjie.1 kg hoender fyn soutgrowwe swart peper koekmeel om stukkies in te rol.2 medium uie fyn gekap kook rys apart tot gaar.10ml fyngemaakte gemmer en knoffel 20ml botter10 klein aartappeltjies 10 jong worteltjies10 klein vlapampoentjies 250g knopie sampioeneBESTANDDELE VIR DIE SOUS300ml tamatiesous 50ml blatjang20ml Worcestersous 2ml tabascosous50ml asyn 50ml suiker5ml mostertpoeier 15ml paprika125 waterVoeg alles bymekaar is 'n bottel en meng goed deur die bottel te skud.Maak jou pot warm en gooi botter by.Braai die fyngekapte uie en gemmer/knoffel tot die geur uitkom. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en voeg in die pot. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute. Gebruik 'n houtlepel. Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Los so vir ongeveer 15 minute. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. Aartappels, jong wortels, pampoentjies, en sampioene. Los so vir ongeveer 45 minute Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2½ uur.HOENDER-BILTONG-EN-SPEKPOTJIESOUS2 hoenderaftrekselblokkies 250ml kookwater500ml droë witwyn 250ml blatjang46g sampioensoppoeier (1 pakkie) 5ml gedroogde tiemie5ml gemengde gedroogde kruie 5ml suurlemoenpeperHOENDERGEREG15ml olyfolie 15ml botter12 hoenderdye, ontvel indien verkies 250g spekvleis, gekap 50ml brandewyn 10ml gekapte knoffel - opsioneel2 uie, in ringe gesny ½ groen soetrissie, grof gekap1 seldrystringel, in dun ringe gesny 20 klein aartappeltjies, geskil4 wortels, skyfies gesny 12 klein uitjies, heel250g knopiesampioene 8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny150g klam beesbiltong, gekerf 250ml gerasperde Cheddarkaas125ml vars, gekapte pietersielle Los die aftrekselblokkies in die kookwater op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.HOENDERGEREGVerhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarna die aartappels en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 30 minute lank. Roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor. VARKKNEUKEL MET DROËVRUGTE POTJIE15ml olyfolie 2 medium preie2 gerookte varkkneukels (± 850g elk) 375ml appelkoossap125ml vleisaftreksel 60ml mediumsoet sjerriesout en varsgemaalde swartpeper na smaak 125g droë appelkose125g sultanasPlaas 'n no 2 gietysterpot oor matige kole. Verhit olie en soteer preie tot sag. Voeg varkkneukels by en braai bruin. Voeg appelkoossap, aftreksel, sjerrie en geurmiddels by, sit deksel op en prut sowat 1½ uur. Voeg droëvrugte by, sit deksel op en prut nog 30 minute.KERRIEPOTJIE1kg skaap- of lamsvleis in blokkies gesny kookolie1 knoffelhuisie geskil en gekap 5ml koljander6 heel naeltjies 1 klein blikkie tamatiepasta10ml bruin asyn 25ml blatjangsout na smaak 2 uie geskil en in ringe gesny5ml borrie 15ml kerriepoeier1 stukkie heel pypkaneel 5ml fyn jeera (komein)250ml appelkooskonfyt 25ml suiker1 groen rissie pitjies verwyder en skil gekap 250g gedroogde appelkose in 'n bietjie water geweek5ml fyngedrukte groen gemmer 1 groen soetrissie pitte verwyder en gekap250ml karringmelk of Bulgaarse jogurt'n Nommer 3-pot word aanbeveel. Braai die vleis in die olie. Voeg sout by, voeg dan uie en knoffel by, laat effens bruin word, en voeg dan al die ander bestanddele, behalwe konfyt, blatjang en karringmelk of jogurt by. Prut stadig vir 2½ ure of tot die vleis sag is. Voeg dan res van bestanddele by. Voeg nog sout by indien jy sou verkies.BILTONGPOTJIE½kg biltong 500g pasta skulpies2 uie, fyngesny 1 rooi en 1 groen soetrissie, gekapolie 250ml room500ml vleisektrak 400g gerasperde kaassout en peper na smaakBraai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by, onthou potjie moet nog op vuur wees, dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir ± 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy jou eie verbeelding byvoeg.VOLSTRUISPOTJIE30ml kookolie 1.5kg volstruisnekskywe2 groot knoffelhuisies, gekneus 5ml droë roosmaryn250g swartsampioene, in skyfies gesny 30ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus75ml brandewyn 50ml droë sjerrie375ml droë rooi wyn 30ml suurlemoensap15 vars piekeluitjies, geskil 10 klein, heel wortels8 skoongeskropte jong aartappels in die skil 15ml koekmeelblom1x300g-pak verroomde spinasie ontdooi bietjie melkknippie neutmuskaat sout na smaakVerhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot. Skep die vleis terug in die pot. Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis. Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2 ½ uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45-50 minute. Meng die ontdooide spinasiemengsel met ´n pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute'n GIGGEL OF TWEE OOR ETIKET VOLGENS NATANIELWERKSDRAG:Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit. Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of donkergrys sokkies pas nie by ´n swart broek en swart skoene nie. Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n pakbroek nie. Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy. En as die skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen). ´n Das by ´n kortmouhemp lyk BAIE kommin en das wat te kort is, lyk nog erger. Effekleurige dashemde met wit krae is dood. Brand of begrawe dit. Moet nooit ´n geel das dra nie, dit lyk of ´n heks haar brousel op jou omgekeer het. Moet ook nooit ´n das met Disney-karakters dra nie. As jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie. Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie. INFORMEEL:Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie. ´n Beltbuckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of Vereeniging. Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit, nie onder jou boude of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou genetalië onder druk aanneem nie.Jy dra nie ´n afmou hemp in die publiek nie, die cherries spek jou wel meer, maar dis slegs uit skok. PT-broeke met die "slits" aan die kante lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe asjy ander gay mense opgewonde wil maak nie. Die hele doel van ´n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.BYKOMSTIGHEDE:´n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop, om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het. 'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, botteltjie haarolie, ens nie. Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kouse nie, maak nie saak wat jou pa gesê het nie! En haarolie is iets wat deur die Nazi's uitgedink is om vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massamarteling. HET JY GEWEET?Die eerste valskermsprong was in 1793 gemaak vanuit 'n warmlugballon deur Andre-Jacques Garnerinthe in Frankryk. In 1485 was gedetaleerde sketse van valskerms gemaak deur Leonardo da Vinci. Hy het ook skets studies gemaak van 'n helikopter, 'n vegwa en terugtrekbare landingswiele. Die eerste bemande helikopter was in 1907 gevlieg deur Paul Cornu in. Vegwaens was vir die eertse keer in 1917 tydens die Eerste Wêreld Oorlog in Cambrai, Frankryk gebruik. Die eerste vliegtuig met terugtrekbare landingswiele was in 1933 gebou. Da Vinci het ook 'n onderwater asemhalingsmetode voorgestel. Jacques-Yves Cousteau en Emile Gagnon stel skubaduik eers in 1943 voor, 458 jaar later.HOENDERPOT MET SKOP2½ kg hoenderporsies (verkieslik dye) 80g spekvleis, swoerdloos en gesnipper 4 knoffelhuisies, gekneus 125 ml brandewyn 250ml soet sjerrie of muskadel 20ml gemengde kruie 20ml uiesout 10ml aromat 20ml vars gemaalde swartpeper 2 groen soetrissies, gesnipper 3 uie, in skywe gesny 8-10 grasuie, gesnipper 10 groot aartappels, in dik skywe gesny sowat 500 g broccoli 500g sampioene 425-g-blik sampioensop 250ml Cheddar-kaas, gerasper Braai hoender tot bruin saam met spekvleis en knoffel. Voeg brandewyn en sjerrie by. Besprinkel met kruie en helfte van uiesout, aromat en swartpeper. Plaas groente as volg in lae by hoender: soetrissie, uie, grasuie, aartappels, broccoli, sampioene en pietersielie. Voeg oorblywende speserye en sampioensop by. Besprinkel met kaas. Prut 45 minute lank. Die resep lewer 10-12 porsies. HOENDERPOTJIE IN ROOMSOUSHierdie potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met ´n hoender- en spekgeur. Genoeg vir 4-6 mense. ´n No 2 pot word aanbeveel.8 hoenderdye braaivleisspeserye na smaak250g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap 4 middelslag uie, gekap60ml fyn appelkooskonfyt 100ml water15ml worcestersous 12 heel uitjies, geskil10 jong heel aartappeltjies, geskil 750ml gemenge groente300g sampioene, in skywe gesny aromat na smaak1 pakkie beesstertsoppoeier 1 pakkie dik wit uiesoppoeier500ml vars room OF 250 mlroom en 250ml melkSprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die spek daarin vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag. Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute. Voeg die uitjies, gemengde groente en aartapels by en laat prut vir nog 10 minute. Voeg nou die sampioene by. Sprinkel die geuropwekker (aromat)oor, sit die deksel op en laat prut vir 30 minute. Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie. Laat prut vir 30 minute.VISBLITZPOT Hier word 'n ander tegniek ingespan, naamlik meer hitte en minder tyd. 2 fyngekapte uie 1-1.2kg vars ferm vis (geelbek, koningklip, geelstert) 4 fyngekapte knoffelhuisies 3 blikke tamaties, in fyn stukkies gesny 185ml olyfolie 5ml gedroogde vinkel skil van halwe lemoen, uitgedroog in klein stukkies hand vol vars, gekapte pietersielie 2 knippies saffraan Kry jou pot, vuur en gaste in orde, want dié gereg is binne 20 minute gereed. Maak pot lekker warm, gooi 'n leksel van die olyfolie in die warm pot en braai jou uie tot hul deurskynend is. Sny vis in eetlepel grootte blokkies. Plaas pot nou op 'n goeie hoop warm kole en, glo dit of nie, gooi al die bestanddele behalwe pietersielie en saffraan in die pot. Roer vinnig deur, want die olyfolie is die bindmiddel waarin alles gaan kook -- geen wyn of suurlemoensap wat die olie se effek gaan breek nie. Wanneer die pot goed begin borrel, plaas jy die deksel op, gee dit 12 tot 15 minute, sprinkel pietersielie en saffraan oor als en skep in sopborde. Lekker met rys, maar veral lekker op dik snye roosterbrood. HET JY GEWEET?Kontaklense word eerste deur Adolph Fick in 1888 voorgestel en alhoewel 2 maatskappye dit uit glas vervaardig het, was dit nie voor 1948 wat Kevin Tuohy die sagte plastiek lens bedink het nie.SEEKOS-POTJIEHou vis se kort gaarmaaktyd ingedagte en dat dit bederf word deur dit oorgaar te maak. Sorg dat die kole laag bly en moet nooit toelaat dat die inhoud van die potjie vinnig kook nie.30ml botter 30ml olyfolie300g calamari, in ringe gesny 2 groot uie, gekap1 rooi soetrissie, ontpit en in skywe gesny 3 knoffelhuisies, gekneus1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny 5ml soutvarsgemaalde swartpeper na smaak 5ml paprika2½ koppies rou wit of bruin rys 250ml bier750ml vis-of hoenderaftreksel 2ml borrie1 kg visfilette, in porsies gesny 500g garnale, onthaar &amp; afgedop300g knopiesampioene, in skywe gesny 250g ertjies2ml droë origanum 2 ml droë gemengde kruie400g,blik mossels in skulpeVerhit die botter en olie in 'n gietysterpot en soteer die calamari sowat 2 minute totdat dit ondeursigtig is. Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas die uie, soetrissie en knoffel in die pot en soteer tot die uie deurskynend is. Geur met sout, peper en paprika. Roer die rys by. Verhit die aftreksel, bier en borrie. Pak die visporsies, calamari, garnale en sampioene in lae op die bestanddele in die pot en giet die verhitte vloeistof oor. Sit die deksel op en laat omtrent 30-45 minute of tot die rys gaar is stadig prut. Voeg ertjies, origanum en gemengde kruie by en sit weer die deksel op. Laat prut nog 5-10 minute.HOENDER EN PATATPOTJIE2 groot uie, in ringe gesny 3 knoffelhuisies, fyngedruk2 selderystingels, in ringe gesny olie8 hoenderdye sout en peper na smaak5 groot patats, geskil, in ringe gesny 8 wortels, geskil, in stukke gesny200g droë appelkose (opsioneel) 250ml wit wyn10ml sojasous 75ml sagte bruin suiker15ml tamatie-of mosterdsous(soetsuur soort) 10ml basiliekruidSoteer die uie, knoffel en seldery in ‘n bietjie olie in ‘n pot tot sag. Geur die hoenderdye met sout en peper, voeg by en braai tot bruin. Pak die groente in lae op die hoender, met die appelkose heel bo. Meng die wit wyn, sojasous, bruinsuiker, tamatie- of mosterdsous en basiliekruid en giet bo-oor. Bedek, verlaag die hitte deur van die kole te verwyder en prut tot die hoender en groente sag en gaar is. Moenie roer nie, maar skraap net die boom van die pot van tyd tot tyd met ‘n skoon spaan sodat die kos nie aanbrand nie. Geur na smaak met sout en peper. VEGETARIESE EIERVRUGPOTJIE500ml botter of suikerbone, oornag geweek 5 medium aartappels1 klein botterskorsie 2 groot eiervrugte4 witwortels 5 groot geelwortels125ml olyfolie 2uie, gekap5ml sout varsgemaalde swartpeper10ml droë tiemie 10ml droë roosmaryn4 heel knoffelhuisies 250ml groente aftreksel of appelkoossap5ml rissiesousKook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend .Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte.Lewer 6 porsies.ROOIBOK POTJIE1kg rooibokvleis in blokkies gesny 125 ml olie 4 geelwortels, in skyfies gesny 2 uie, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gedruk 10ml gekapte tiemie 250g spekvleis, gekap 500ml port of droë rooiwyn 6 aartappels, in skywe gesny. Verhit olie in swartpot en soteer wortels, uie en knoffel totdat olie deurskynend is. Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel op. Voeg aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap.SKAAPSKENKELPOTJIE 100ml olie 2kg skaapskenkels 'n halwe groen soetrissie, gekap 1 groot ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus 6 swoerdlose spekrepe, gekap 2 middelslag tamaties, gekap 2 biefekstrakblokkies sout en swartpeper na smaak 250 l witwyn 250ml kookwater 5 wortels, geskil, in skywe gesny 12 klein aartappeltjies, gewas 5 murgpampoentjies, in skywe 400g sampioene. Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 minute. Voeg biefekstrak, geurmiddels, witwyn en kookwater by en prut vir 'n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig. LAMSNEK- PEPERPOT 2½-3kg lamsnek 5 knoffelhuisies, gekneus125ml superieure ou brandewyn 20ml gemengde kruie20-40ml knoffelsout 20-40ml suurlemoenpeper aromat 5 uie, in ringe gesny 3 groen soetrissies, gesnipper 500g-pak groen pasta 500g wortels (1 bossie), in ringe gesny 1 kg waterblommetjies (opsioneel) 15 klein aartappels (heel) 250g pakkie sampioene 30g pakkie pepersous, gemeng met 250 ml water 425g blik sampioenroomsop 125ml blatjang 250ml Cheddar-kaas, gerasper Braai vleis en knoffel in die pot tot bruin. Voeg brandewyn by. Sit deksel op en prut 10 minute. Besprinkel met gemengde kruie en helfte van knoffelsout, suurlemoenpeper en aromat. Plaas groente as volg by vleis in pot: uie, soetrissies, pasta, wortels, waterblommetjies, aartappels en sampioene. Voeg oorblywende speserye, pepersousmengsel, sampioenroomsop en blatjang by. Strooi kaas oor. Prut bo-oor kole sowat 70 minute of tot vleis sag is. Die resep lewer 10-12 porsies. SOUSKLUITJIES IN 'N YSTERPOT125g botter of margarien 60ml fyn appelkooskonfyt12.5ml koeksoda 500ml koekmeelblom (gesif)knypie sout 100ml melk750ml kookwater 250ml suiker5ml vanieljegeursel klontjie botter (ekstra)Smelt botter en roer eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar lê nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien warm, stip met botter. ANDRE SE WATERTAND HOENDERPOT1-2 hoender brediepakke 6-8 aartappels1 soetrissie 2 tamaties 3 uie 8 wortels (medium tot groot) 3 groot patats 1 pakkie vars baba-murgpampoentjies 1 pakkie vars knopie-sampioene 1 blik (350 g) ingelegde pynappestukke sout en peper na smaak 12.5ml gemengde kruie12.5ml knoffelvlokkies 12.5ml gemengde speserye1 pakkie wit uiesoppoeier 250 ml Coca-Cola50 g margarienGebruik verkieslik 'n nommer 3-driepootpotjie. Was die groente en vleis deeglik onder lopende koue water. Ontpit die soetrissie en sny in ringe. Sny ook die uie en tamatie in ringe en voeg by. Plaas die pot op warm kole en smelt die margarien daarin. Gooi nou die uie, tamatie en soetrissie in die pot en wag totdat dit begin prut. Gooi die kruie, speserye en knoffelvlokkies daarby, plaas die deksel terug en laat prut dit vir sowat 10 minute. Voeg daarna die hoender by en meng deeglik. Plaas die deksel terug, verminder die kole en kook oor matige kole vir dertig minute. Voeg die Coca-Cola by, plaas die deksel terug en laat die mengsel prut vir 'n verdere tien minute. Voeg nou die aartappels (in halwes gesny) en wortel (in die lengte gehalveer) by saam met 'n knippie sout. Laat prut oor matige kole vir 25 minute en voeg die patats (in skywe gesny) by. Plaas deksel terug en laat liggies kook vir 15 minute. Gooi die pynappelsap in 'n maatbeker en voeg die pynappelstukkies by die sampioene en die murgpampoentjies (in ringe gesny). Voeg dit by die ander bestanddele in die pot en gooi sout en peper na smaak by.Terwyl die pot liggies prut vir 'n verdere 15 minute, gooi die uiesop by die pynappelsap en roer dit goed in. Gooi dit nou in die pot, langs die kante af, nie in die middel nie. Verwyder nou alle kole en laat die pot vir nog 5 minute prut. Bedien die gereg saam met wit rys en gestoofde droë vrugte. Die groente van dié potjie kan ook afgewissel word met blomkool of groenboontjies. Wanneer groenboontjies gebruik word, word aanbeveel dat u die boontjies heel hou en slegs die punte afsny. NOG 'N BELANGRIKE PUNT WAT ONTHOU MOET WORD, IS DAT DIE POT NOOIT GEROER MOET WORD NIE. SLEGS VOOR DIT OPGESKEP WORD, KAN DIT EEN KEER GOED GEROER WORD. WORS-EN-NIERTJIE POTJIE50ml olie 25ml botter3 groot uie (gekap) 50ml koekmeelblom 12 lamsniertjies ( in heltes gesny, vliese verwyder) 5ml soutvarsgemaalde swartpeper 12.5ml tamatiepasta200ml hoenderaftreksel 50ml droë wit wyn8 varkworsies middeldeur gesny 200g sampieone50ml brandewyn 12.5ml gekapte pietersielie Plaas olie en botter in driepootpot en verhit oor warm kole. Voeg gekapte uie by en roer vir 3 minute. Rol niertjies in mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by die uie in pot. Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer. Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een maal om en dien op. MY DAD'S HANDSBedtime came, we were settling down,I was holding one of my lads. As I grasped him so tight, I saw a strange sight: My hands. . .they looked like my dad's! I remember them well, those old gnarled hooks, there was always a cracked nail or two. And thanks to a hammer that strayed from its mar Piesangbroodjie gesondheid http://www.boerekos.com/article.php/20100623025424309 http://www.boerekos.com/article.php/20100623025424309 Wed, 23 Jun 2010 02:54:24 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100623025424309#comments BROOD <img width="124" height="94" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100623025424309_1.jpeg" alt="" /><br /> <br /> Bestandele:<br /> 3 oorryp piesangs<br /> 100g botter<br /> 1/2 koppie suiker<br /> 20 ml grondboontjiebotter<br /> twee eetlepels heuning<br /> 500 ml meel<br /> 2.5 ml bakpoeier<br /> 2.5 ml koeksoda<br /> knippie sout<br /> 50 gram amandel vlokkies<br /> 50 gram pampoenpitte<br /> 25 gram gekrummelde pekan neute<br /> <br /> Metode:<br /> <br /> Voorverhit oond na 180 grade. <br /> <br /> 1. Rooster die amandel vlokkies en pampoenpitte vir so paar minute in 'n baie warm pan<br /> 2. Smelt die botter ‘n ‘n pan. Wanneer dit gesmelt is, gooi die suiker by en roer dit in tot dit gesmelt is. <br /> 3. Gooi bietjie botter in as dit te klewerig raak.<br /> 4. Gooi nou die botter en suiker smeltsel in ‘n voedselverwerker en meng vir so 30 sekondes.<br /> 5. Gooi die stukke piesang en heuning by en verwerk tot pap, dan die grondboontjiebotter en verwerk weer tot pap.<br /> Dit sal miskien nodig wees om so klein bietjie water/melk by te gooi om die pulp sag te kry.<br /> 6. Meng in ‘n mengbak al die droë bestanddele, ingesluit die pampoenpitte, pekanneute en amandel vlokkies. <br /> 7. Gooi dan die pulp by en werk dit deur met ‘n paplepel of ‘n slaplemmes of soortgelyk. Moenie te veel kommer nie as dit ‘n taaier mengsel is as waaraan jy gewoond is vir piesangbrood.<br /> 8. Skep dit als ‘n ‘n bottergesmeerde broodpan en bak vir minstens 50 minute tot ‘n uur teen 180 grade. Ingelegde knoffel http://www.boerekos.com/article.php/2010062203572932 http://www.boerekos.com/article.php/2010062203572932 Tue, 22 Jun 2010 03:57:29 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/2010062203572932#comments ALLERLEI <img width="97" height="118" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/2010062203572932_1.jpeg" alt="" />Die smaak is puik en glad nie so sterk soos n mens sal dink nie. Braai daai stukkie steak en sit van die koffel op. Dis heerlik. 1 kg skoongemaakte knoffel (le in koue water vir 2 ure en vryf skilletjies af, Kook in water wat net die knoffel bedek vir 2 min.Dreineer.Pak in botteltjies.Kook saam = 1 ½ k suiker, 2 k asyn en knippie sout.Gooi oor knoffel. Marmelade Hoender http://www.boerekos.com/article.php/20100622035044411 http://www.boerekos.com/article.php/20100622035044411 Tue, 22 Jun 2010 03:50:44 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100622035044411#comments PLUIMVEE <img width="104" height="104" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100622035044411_1.jpeg" alt="" />Met al die marmelade wat ons gemaak het die winter is die hoender n treffer. 1 heel hoender of hoender stukke,1 koppie marmelade,2 pakkies bruinuiesoppoeier,Meng marmelade met sop en smeer oor hoender.Sit in kasserolbak met deksel en sit in oond op 140*c vir n paar uur WARM DADELPOEDING http://www.boerekos.com/article.php/20100618125202630 http://www.boerekos.com/article.php/20100618125202630 Fri, 18 Jun 2010 12:52:02 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100618125202630#comments NAGEREGTE <img width="129" height="86" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100618125202630_1.jpeg" alt="" /> <br /> <br /> 1½ Koppie Meelblom<br /> 1 Hoogvol teelepel Koeksoda<br /> 1 koppie Gekapte Dadels<br /> ½ teelepel Kaneel<br /> 2 Eetlepels Appelkooskonfyt<br /> 1 Eier<br /> 1 Melk<br /> <br /> METODE:<br /> <br /> Vryf botter in meel.<br /> Voeg gekapte dadels en konfyt by. <br /> Maak mengsel van melk en koeksoda aan, gooi eier in melkmengsel, en voeg die melkmengsel dan by die meelmengsel en roer goed deur<br /> <br /> <br /> SOUS:<br /> <br /> Kook 2½ Koppie water en 1½ koppie suiker vir 5 minute in groot kastrol.<br /> Roer aanhoudend totdat suiker gesmelt is.<br /> <br /> Skep deegmengsel in kokende stroop en en plaas deksel op, draai onmiddelik die hitte op laagste temp.<br /> <br /> Kook vir 40 min, op laagste temperatuur van plaat as moontlik, moenie deksel oplig nie...<br /> <br /> Bedien warm met heerlike vla, roomys of geklopte room Diepskep Hoenderskottel http://www.boerekos.com/article.php/20100615050404958 http://www.boerekos.com/article.php/20100615050404958 Tue, 15 Jun 2010 05:04:04 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100615050404958#comments PLUIMVEE <img width="116" height="116" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100615050404958_1.jpeg" alt="" /> <br /> <br /> Jy wil die al die kossoorte bedien maar het nie lus om ure voor die stoof te staan nie, dan sal hierdie ene jou baie help.<br /> Vleis / Hoender genoeg vir 4 persone<br /> 2 k rys<br /> 1 pak Caulibroc (of stukke groente wat jy van hou. Groente soos spinasie ens sal nie werk nie)<br /> 2 aartappels in skywe gesny<br /> 2 uie in skywe gesny<br /> 1 pakkie bruin uiesop poeier<br /> 1 l water<br /> 3 e Worcestershire sous<br /> <br /> Sit oond op 180°c<br /> Gooi rou rys onder in caserole<br /> Pak aartappels en dan uie bo-op<br /> Sit hoender/vleis stukke bo-op.<br /> Meng soppoeier met water en Worcestershiresous en gooi oor als.<br /> Gooi extra Chicken spice oor as jy hoender gebruik.<br /> Maak toe en laat bak vir 2-3 ure.<br /> Haal deksel af, strooi nog bietjie <br /> speserye oor en rooster tot goudbruin. Skaapboud sonder fieterjasies http://www.boerekos.com/article.php/201006150348455 http://www.boerekos.com/article.php/201006150348455 Tue, 15 Jun 2010 03:48:45 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/201006150348455#comments LAMSVLEIS <img width="120" height="120" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/201006150348455_1.jpeg" alt="" /> <br /> <br /> Maklikste skaapboud ooit en dit werk ELKE keer.<br /> <br /> Dit hang nou af wanneer jy die boud wil bedien. As jy hom vir Sondagmiddagete wil hê, stel ek voor dat jy deel 1 die aand voor jy gaan slaap doen. Vir aandete kan jy dit die oggend voor werk doen.<br /> <br /> <br /> Metode:<br /> <br /> 1 Skaapboud<br /> 3 groot uie<br /> 2 k water<br /> Bisto<br /> <br /> Deel 1:<br /> Stel oond op 110C<br /> Sit gevriesde skaapboud, vetkant na bo in groot caserole wat kan toemaak.<br /> Gooi lekker dik met Steak 'n Chop spice of enige speserye vir vleis wat jy verkies. <br /> Sny uie in kwarte en pak om skaapboud.<br /> Gooi water by.<br /> Bedek en sit in oond.<br /> Gaan werk toe of gaan slaap en laat skaapboud op sy eie.<br /> <br /> Deel 2 (Ongeveer 8 - 10 ure later) :<br /> (Hierdie is ekstra moeite en nie nodig nie, maar uiters die moeite werd:<br /> trek die aftreksel op met 'n groot spuitnaald wat jy by die apteek kan kry en spuit dit in die boud op verskeie plekke)<br /> Met 'n baie skerp mes sny oor die vet kant sodat daar 'n diamant motief oor die vetkant strek.<br /> Rooster die vetjies tot dit lekker bruin is.<br /> Haal boud uit en sit op opdien bord en sny altyd teen die grein van die vleis. M.a.w loodreg met die been, nie parrallel met die been nie.<br /> Gebruik vleissous en uie om 'n sous te maak deur bietjie Bisto in te meng of 'n pakkie soppoeier wat 'n vleis geur het.<br /> <br /> Bedien saam met bykosse van keuse, maar ek stel voor groenboontjies en gebakte aartappels of rys. Hokaai Vissermanssop http://www.boerekos.com/article.php/20100615032538329 http://www.boerekos.com/article.php/20100615032538329 Tue, 15 Jun 2010 03:25:38 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100615032538329#comments SOP <img width="130" height="99" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100615032538329_1.jpeg" alt="" /><br /> <br /> BESTANDDELE:<br /> <br /> 400 g stokvis<br /> 15 ml suurlemoensap<br /> sout en peper na smaak<br /> 15 ml olie<br /> 1 goot ui, in ringe gesny<br /> 1 groen soetrissie, ontpit en gekap<br /> 1 knoffelhuisie, gekneus<br /> 100 g sampioene, gekerf (200 ml)<br /> 410 g tamaties (1 blik)<br /> 45 ml tamatiepuree<br /> 2 vis – of hoenderekstrakblokkies, opgelos in 500 ml kookwater<br /> 15 ml asyn<br /> 10 ml bruinsuiker<br /> 1 lourierblaar<br /> 25 ml mielieblom<br /> 250 ml melk<br /> <br /> METODE:<br /> <br /> 1. Trek die vel van die vis af en sny dit in klein stukkies.<br /> 2. Gooi die suurlemoensap oor en geur dit met sout en peper.<br /> 3. Verhit die olie en soteer die ui, soetrissie en knoffel tot ligbruin.<br /> 4. Voeg die sampioene by en roerbraai dit ? paar minute lank.<br /> 5. Roer die tamaties, tamatiepuree, aftreksel, asyn en bruinsuiker by.<br /> 6. Voeg die lourierblaar en vis by.<br /> 7. Plaas die deksel op en laat prut dit 10 minute lank.<br /> 8. Maak die mielieblom aan met ? bietjie melk, en voeg dit en die res van die melk by<br /> die vismengsel. Laat dit 15 minute lank prut.<br /> 9. Verwyder die lourierblaar net voor bedieing. Koffie Varktjops http://www.boerekos.com/article.php/20100614073332473 http://www.boerekos.com/article.php/20100614073332473 Mon, 14 Jun 2010 07:33:32 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100614073332473#comments VARKVLEIS <img width="83" height="124" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100614073332473_1.jpeg" alt="" /><br /> <br /> Moenie laat die koffie jou afskrik nie , die eindproduk vingerlek lekker...<br /> <br /> Bestanddele<br /> <br /> 2 kg Varktjops<br /> Koekmeelblom met sout en peper gegeur<br /> Kookolie<br /> 2 uie, in skywe gesny<br /> 30 ml margarien<br /> 30 ml kitskoffiepoeier<br /> 250 ml kookwater<br /> 250 ml asyn<br /> 150 ml gouestroop<br /> 10 ml Bisto<br /> Sout en peper<br /> <br /> Keep die Varktjops liggies aan spek kant<br /> Rol die Varktjops in die gegeurde koekmeelblom totdat hulle goed daarmee bedek is.<br /> Braai die Varktjops aan weerskante tot goudbruin in net genoeg olie om die bodem van die pan te bedek.<br /> Pak die Varktjops in ‘n groot oondkasserol.<br /> <br /> Braai die uie in die margarien tot sag. <br /> Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, gouestroop en Bisto wat met ‘n klein bietjie water aangemaak is. <br /> Geur dit met sout en peper en laat dit opkook; verdik die sous met ‘n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is indien ‘n dikker sous verkies word.<br /> <br /> Gooi die koffiesous oor die Varktjops, bak op die middelste oondrak in ‘n voorverhitte oond (150 grade) vir ‘n half uur , of tot die Varktjops lekker sag is. <br /> <br /> Wanneer jy dit uit die oond haal, laat staan dit vir so 10 minute, dan gaan lê al die vet wat uit die Varktjops gebak het, bo-op, en kan dit maklik afgeskep word om net die lekker sousie oor te laat. Gebakte tong met soetsuur mosterdsous http://www.boerekos.com/article.php/20100614072754847 http://www.boerekos.com/article.php/20100614072754847 Mon, 14 Jun 2010 07:27:54 -0500 http://www.boerekos.com/article.php/20100614072754847#comments BEESVLEIS <img width="130" height="87" class="floatright" src="http://www.boerekos.com/images/articles/20100614072754847_1.jpeg" alt="" /><br /> <br /> 1 beestong (gepekel)<br /> 3 kruienaeltjies<br /> 15ml bruinsuiker<br /> 125ml witsuiker<br /> 30ml kookolie<br /> 30ml koekmeelblom<br /> 3ml sout<br /> 60ml mosterdpoeier<br /> 5ml peperkorrels<br /> 250ml kookwater<br /> 12.5ml wit asyn<br /> 12.5ml mayonnaise<br /> sap van een suurlemoen<br /> broodkrummels<br /> <br /> Rol tong op en bind met tou vas.<br /> Kook sag in baie kookwater waarby naeltjies, bruinsuiker en peperkorrels gevoeg is.<br /> Plaas tong op bord wanneer dit sag is en trek die velle af. <br /> Laat dit afkoel en plaas in koelkas om goed koud te word voordat dit in skywe gesny word.<br /> <br /> Meng witsuiker, koekmeelblom, mosterd, sout en water in bak. Roer mayonnaise en suurlemoensap by.<br /> <br /> Pak helfte van tongskywe in vuurvaste bak en skep helfte van die sous oor. <br /> Pak res van tong bo-oor en dan die oorblywende sous. <br /> Sprinkel broodkrummels oor en bak vir 30 minute teen 180 grade C.