Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:31 NM CST

Zucchinis met Feta

100 g olywe, fyn gekap
60 g amandels, fyn gekap
15 ml kappertjie saad
45 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gepers
Peper na smaak
Tobasco sous na smaak
30 ml pietersielie
200 g zucchinis, in die lengte gesny
100 g kersie tamaties
150 g feta kaas

Plaas die olywe, neute, kappertjiesaad,olie en knoffel in n voedsel verwerker en maak n puree. Geur met die peper en tobasco sous. Voeg die pietersielie by en meng. Plaas die zucchinis in n oonvaste bak en sorg dat dit half oor mekaar lĂȘ. Smeer die mengsel oor die zucchinis. Voeg die tamaties en die kaas by. Strooi n bietjie olie bo-oor. Bak die in n voorverhitte oond van 200 grade vir 20 minute lank.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie