Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 09:21 NM CDT

Heel wildsboudpotjie

1 heel wildsboud
rooiwyn
druiweasyn
4 lourierblare
8 heel kruienaeltjies
rosyne
varkspek, in blokkies gesny
75 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
100 ml brandewyn
250 g spekvleis, gesnipper
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
4 selderystingels
2 uie, grof gekap
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, geskil en in skywe gesny
250 g ontpitte pruimedante
250 g droeperskes

Sous

375 ml blatjang
250 ml port
500 ml rooiwyn
250 ml water
30 ml gemengde gedroogde kruie
15 ml aromat
5 ml knoffelsout
5 ml varsgemaalde swartpeper
4 lourierblare
4 takkies vars roosmaryn
12 piekeluitjies, geskil
250 g vlampampoentjies
250 g knoppiesampioene
Metode

Marineer die wildsboud oornag in gelyke dele rooiwyn en druiweasyn waarby 4 lourierblare en 8 kruienaeltjies gevoeg is. Steek oral in die gemarineerde boud gleufies en druk n rosyntjie en 'n stukkie spek in elke gleufie. Verhit die olyfolie in jou potjie oor warm kole en verbruin die boud daarin. Voeg die knoffel en die brandewyn by en roerbraai vir nog 5 minute. Draai dit gereeld. Sit die boud in die middel van die pot en strooi die spekvleis, soetrissie, seldery en ui oor. Rangskik die aartappels, wortels, pruimedante en perskes soort by soort rondom die boud. Laat plek vir die uitjies, pampoentjies en sampioene. Meng die sous bestanddele en giet dit oor. Bedek dit en laat dit prut vir omtrent 'n uur oor matige kole. Giet kookwater by indien nodig. Voeg die res van die groente by en laat prut dit vir nog 30 minute lank. Bedien dit met stampmielies of bruinrys.



Met Komplimente "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun